Here‚ die dag lê voor my.
Aan myself oorgelaat‚ sal ek aan die einde daarvan
net jammer wees dat ek nie was
wat ek in U kon wees nie.
Daarom bid ek dat die Gees nou beheer sal neem
van my gedagtes‚
my wil‚
my optrede.
O God‚ gebruik dan elke situasie
wat hierdie dag mag inhou‚
as geleentheid om die vrug van die Gees
in plaas van die onkruid van die sonde
in my te laat groei.
Laat my teleurstelling benut om geduld te leer;
Laat my verraad benut om getrouheid te leer;
Laat my stres benut om selfbeheersing te leer;
Laat my onreg benut om goedhartigheid te leer;
Laat my lof benut om nederigheid te leer;
Laat my skimpe en verwyt benut
om vrede en vriendelikheid te leer.
En leer my om hartseer te benut
om die kosbaarheid van liefde en vreugde
te waardeer.
amen
—————————————
Lord‚ the day lies before me.
Left to my own devices‚ at the end of it
I will only regret that I wasn’t
what I could have been in you.
Therefore I pray that the Spirit will now take control
of my thoughts‚
my will‚
my actions.
O God‚ now use every situation
this day may hold‚
as opportunity to let the fruit of the Spirit
instead of the weeds of sin
grow in me.
Let me use disappointment to learn patience;
Let me use treason to learn faithfulness;
Let me use stress to learn self control;
Let me use injustice to learn kindness;
Let me use praise to learn humility;
Let me use slurs and hints
to learn peace and friendliness.
And teach me to use sadness
to appreciate the value of love and joy.
amen
Inspired by a prayer by John Bailie