Let us PRAY

May 19, 2009

ONE CHANCE / EEN KANS

Lord‚ today I pray the words of an old prayer
for my life:
I will go through this life only once –
Let me do every good deed
that can be done.
Let my every gesture show caring and love‚
whenever the opportunity arises.
Lord‚ help me do it immediately‚
without delay –
because I will never walk along this road again.
amen
Stephen Grellet

——————————————————————-

Here‚ vandag bid ek die woorde van ’n ou gebed
vir my eie lewe:
Ek gaan net één keer deur hierdie lewe –
Laat my daarom elke goeie daad
wat ek kan doen‚ dóén.
Laat my elke gebaar van omgee en deernis bewys‚
wanneer die geleentheid hom voordoen.
Here‚ help my om dit dadelik te doen‚
sonder uitstel –
want langs hierdie pad sal ek nooit weer gaan nie.
amen

YOU ARE GOD!! / U IS GOD!!

Good God‚
may your strength lead us –
and let us cease trusting our own strength.
May your power keep us –
and make us see its signs all over.
May your wisdom teach us –
and show us the limitations of our own insight.
May your hand show us the way –
and close our eyes to all turnoffs.
May your shield be our protection –
and make us humble enough to seek shelter with you.
May your many angels secure us
against the temptations of Evil‚
and the pitfalls of this world.

Good God‚
Your are everything‚
You have everything‚
You can do everything!
Be with us in everything.
amen

————————————————————-

Goeie God‚
mag u krag ons lei –
en laat ons ophou om op ons eie krag te vertrou.
Mag u almag ons bewaar –
en laat ons oral tekens daarvan raaksien.
Mag u wysheid ons leer –
en wys ons die beperkings van ons eie insig.
Mag u hand vir ons die rigting aandui –
en sluit ons oë vir alle afdraaipaaie.
Mag u skild vir ons ’n beskutting wees –
en maak ons nederig genoeg om by U te skuil.
Mag die skares van u engele oor ons waak
teen die valstrikke van die Bose‚
en die versoekings van hierdie wêreld.

Goeie God‚
U is alles‚
U het alles‚
U kan alles!
Wees tog in alles by ons.
amen

St Patrick

GELOOF O HEER! / FAITH OH LORD!!

God van ons lewe‚
daar kom dae wanneer die laste wat ek dra
my skouers skaaf en my neerdruk;
wanneer die pad vorentoe
droewig en eindeloos lyk‚
die lug vaal‚ troosteloos en dreigend;
dae wanneer die lied uit my lewe verdwyn
en my hart eensaam en my siel moedeloos word.
Laat dan u lig op my pad skyn;
rig my oë op die hemele van u belofte;
snaar my hart vir u lied;
skenk my die gemeenskap van die heiliges
en van die geloofshelde van die eeue;
en sterk so my gees om ook ander‚
wat die pad saam met my bewandel‚
te onderskraag tot u eer en verheerliking.
amen

Augustinus van Hippo – 5de eeu

———————————————————

God of our lives‚
there are days when my burdens
depress me and chafe at my shoulders;
when the road ahead looks
sad and endless‚
the air pale‚ disconsolate and threatening;
days when the song disappears from life
and my heart becomes lonely and my soul despondent.
Let your light shine on my pathway;
direct my eyes towards the heavens of your promise;
string my heart for your song;
give me the communion of the holy
and of the centuries-old heroes of faith;
and strengthen my soul to also
support others walking on the road with me
to the glory of you.
amen

OPEN MY EYES FOR THE TRUTH/ LAAT EK DIE WAARHEID SIEN O HEER

Here‚ maak my oë dof
wanneer ek my wil verkyk aan dinge sonder waarde.
Maak my oë helder en wawyd oop
vir U waarheid.
amen

—————————————-

Lord‚ make my eyes blind
when I want to look at things that are without value.
Open my eyes and make them look
at your truth.
amen

From: Die Groot Gebedeboek

WHAT IF THE END IS TOMMORROW / WAT AS DIE EINDDAG MORE IS

Our heavenly Father‚
remind me all day that I have nothing
that you didn’t give me‚
and that I can do nothing
if you don’t empower me.
amen

Jacob Boehme

—————————————————–

Ons hemelse Vader‚
herinner my heeldag dat ek niks het
wat U my nie gegee het nie‚
en dat ek niks kan doen
as U my nie daartoe in staat stel nie.
amen

LEER MY VERTROU O HEER / TEACH ME TO HAVE FAITH O LORD

Leer my‚ ons Vader‚ die lewenshouding
om uit u hand te lewe
in plaas van my eie‚ valse sekuriteite te vertrou.
Leer my om te lewe
volgens die ekonomie van genoeg –
genoeg lewensmiddele vir vandag‚
niks meer nie …
’n ekonomie met ’n hart vir armes en tuisteloses.
Ons bid vir elke dag se brood‚
omdat ons daarvoor van U afhanklik is‚
en ons weet die behoefte sal môre
maar weer ontstaan …
Ons Vader‚ leer ons afhanklikheid van U.
amen

Eddie Orsmond — Uit: Gebedeboek vir die lewe (Lux Verbi.BM)

—————————————————————————————

Teach me‚ Father‚ the attitude
to live from your hand
instead of trusting my own false securities.
Teach me to live
according to the economy of sufficiency –
sufficient provisions for today‚
nothing more …
an economy with a heart for the poor and homeless.
We pray for every day’s bread‚
because we depend on you for it‚
and we know that we will need another bread
again tomorrow …
Our Father‚ teach us dependance on you.
amen

ASK, AND YOU WILL BE HELPED.

“Then he said to them‚ “Suppose one of you has a friend‚ and he goes to him at midnight and says‚ ‘Friend‚ lend me three loaves of bread‚ because a friend of mine on a journey has come to me‚ and I have nothing to set before him.’ “Then the one inside answers‚ ‘Don’t bother me. The door is already locked and my children are with me in bed‚ I can’t get up and give you anything‚’ I tell you‚ though he will not get up and give him the bread because he is his friend‚ yet because of the man’s persistence he will get up and give him as much as he needs. “So I say to you: Ask and it will be given to you; seek and you will find; knock and the door will be opened to you. For everyone who asks received; he who seeks finds; and to him who knocks‚ the door will be opened.”

— Luke 11:5-10 —

—————————————————————————————————

“Verder sê Hy vir hulle: “Sênou een van julle het ’n vriend‚ en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend‚ leen my bietjie drie brode‚ want ’n vriend van my wat op reis is‚ het by my aangekom‚ en ek het niks om vir hom voor te sit nie.’ En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit‚ en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie opstaan om dit vir jou te gee nie … ’ Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie‚ sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het‚ omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie. “Ek sê vir julle: Vra‚ en vir julle sal gegee word. Soek‚ en julle sal kry. Klop‚ en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra‚ ontvang‚ en elkeen wat soek‚ kry; en vir elkeen wat klop‚ sal oopgemaak word.”

— Lukas 11:5-10 —


Blog at WordPress.com.