Let us PRAY

January 31, 2009

THANK YOU, FATHER / DANKIE VADER

Thank you‚ good Father‚ for simple things‚
an unexpected smile‚
help from surprising quarters‚
a word I read which lightened by life‚
people’s forgiveness for stupid mistakes.
Thank you‚ Father‚
for your so much bigger forgiveness in Christ
of my foolish deeds.
You call me to be radically different than the world‚
thank you for providing the strength to enable me to do it.
For this and so much more
I give you my deepest thanks.
amen

—————————————————————————————————-

Dankie‚ goeie Vader‚ vir doodgewone dinge‚
iemand se onverwagse glimlag‚
’n ander se verrassende hulp‚
’n woord wat ek lees en wat my lewe verlig‚
mense se vergifnis vir my simpele foute.
Dankie‚ Vader‚
vir u nog veel groter vergifnis in Christus
teenoor my dwase dade.
U roep my om radikaal anders te wees as die wêreld‚
dankie dat U ook die krag voorsien om dit te doen.
Hiervoor‚ en vir baie‚ baie meer
dank ek U ten diepste.
amen
Verwerk uit Belgische gebedenboek

DANKIE VIR DIE NUWE JAAR HEER/ LORD, THANKS FOR A NEW YEAR

Here‚ dankie vir hierdie nuwe jaar.
Ek is opgewonde en sien uit na wat voorlê.
Maar ek is ook onseker oor heelwat dinge …
selfs ’n bietjie bang.
Maar U het mos beloof dat U by ons is‚
dat U oral saam met ons gaan‚
dat niks ons uit u hand sal ruk nie.
Dankie dat ek in hierdie beloftewoord mag rus.
amen

—————————————————————————————

Lord‚ thank you for this new year.
I am excited and look forward to what’s coming.
But I am also uncertain about several things …
Even a little afraid.
But you have promised that you are with us‚
that you accompany us wherever we go‚
that nothing will take us from the grip of your hand.
Thank you that I may rest in these promised words.
amen
Nico Simpson

I LOVE YOU LORD / HERE, EK HET U LIEF

Filed under: Uncategorized — prayerweb @ 4:41 pm

I love you‚ Lord‚
and I ask you for your grace
to make it possible for me
to love you for as long as I live.
Lord‚ if my tongue doesn’t succeed
to testify each moment of my life
how much I love you‚
let my heart tell you
with every breath I take.
amen
Johannes Maria Vianney

——————————————————————————————————-

Ek het u lief‚ Here‚
en ek vra van U om dit in u genade
vir my moontlik te maak
om U my lewe lank lief te hê.
Here‚ as my tong nie daarin slaag
om elke oomblik van my lewe te getuig
hoe lief ek U het nie‚
laat my hart dit dan vir U sê
met elke asemteug wat ek neem.
amen

DANKIE HERE / THANK YOU LORD

Here‚
dankie dat U nie ’n afgetrokke‚
veraf‚ onbewoë God is nie …
Dankie‚ dat U na die mensdom kyk
soos ’n ouer na ’n rebelse kind.
U kinders se lotgevalle raak U‚
ons ontrou maak U seer.
U ken emosie.
Die dinge wat ons doen
– of nalaat om te doen –
gaan U aan.
O God‚ huil U soms oor ons?
amen

————————————————————————-

Lord‚
thank you for not being a withdrawn‚
distant‚ dispassionate God …
Thank you for looking after humanity
as a parent would over a rebellious child.
Your children’s fortunes affect you‚
our unfaithfulness hurts you.
You know emotions.
The things we do
– or neglect to do –
concern you.
Oh God‚ do you sometimes cry over us?
amen

FROM AND THROUGH THE LORD / VAN EN DEUR DIE HEER

Oh‚ the depth of the riches of the
Wisdom and knowledge of God!
How unsearchable his judgments‚
and his paths beyond tracing out!
“Who has known the mind
of the Lord?
Or who has been his counselor?
Who has ever given to God
that God should repay him?”
For from him and through him and
to him are all things.
To him be the glory forever! Amen.
(Rom. 11:33-36)

 

—————————————————————

O diepte van die rykdom en wysheid
en kennis van God!
Hoe ondeurgrondelik is sy oordele‚
hoe onnaspeurlik sy weë!
“Wie ken die bedoeling
van die Here?
Wie gee Hom raad?
Wie bewys Hom ’n guns
sodat Hy verplig is om iets
terug te doen?”
Uit Hom en deur Hom en tot Hom
is alle dinge.
Aan Hom behoort die heerlikheid
tot in ewigheid!
Amen.

Blog at WordPress.com.