Let us PRAY

July 6, 2008

LIEFDE

Filed under: Afrikaans, Christelik, Ek is 'n Christen, God, Heilige Gees, Jesus, Liefde, Love, gebede, prayer — prayerweb @ 12:53 pm

 

Liefde – God se liefde en ons liefde

 

Amen

“Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God,
en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God.
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie,
want God is liefde.”

1 JOHANNES 4:7-8

Almagtige God wat liefde ís,
ons aanbid U omdat u dade ’n bewys van u liefde is:
U het die heelal geskep en onderhou dit van dag tot dag;
U het die mens as die kroon van u skepping gemaak;
U het u Seun gestuur om ons te verlos toe ons van U af
weggedwaal het.
Ons loof U vir die wonder van Christus se lewe, dood en opstanding.
Ons loof U dat U die Heilige Gees na ons toe gestuur het
as ons Trooster en Leidsman.
Ons loof U vir die wonder van vergifnis en verlossing
en vir die hoop op ’n ewige lewe.
Ons buig in verwondering en aanbidding voor u liefde!
God wat liefde is, bewaar ons deur u Heilige Gees van vals liefde.
Hou ons weg van niksseggende woorde en van vals leerstellings.
Gee dat ons dade van barmhartigheid nooit tot ons eie eer sal
wees nie.
Bewaar ons van ’n geloof wat kil en koud is,
ontdaan van alle ware liefde.
Here, bewaar ons van liefdeloosheid.
Dankie, Jesus, dat U na ons toe gekom het
om God se liefde vir ons ’n sigbare werklikheid te maak.
Dankie dat U deur u lewe God se liefde gedemonstreer het.
Dankie dat U aan die kruis die liefde van God bewys het.
Dankie dat U deur u opstanding sy liefde verewig het.
Ons loof en dank U, o Heilige Gees van God,
dat U ons leer hoe om mekaar lief te hê
omdat ons deur U die liefde van God leer ken.
Lei ons elke dag tot ’n inniger en meer opregte liefde.
Ons bid dit in die Naam van die drie-enige God wat liefde is!

No Comments Yet »

No comments yet.

RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Leave a comment

Blog at WordPress.com.