Let us PRAY

July 6, 2008

DIE STEENKOOLSAK

Filed under: Afrikaans, God, Heilige Gees, Jesus, religion — prayerweb @ 12:57 pm

Die Steenkoolsak
Romeine 10:8
Francois stuur vir my die storietjie van die ou kêrel wat iewers in die berge gebly het met sy kleinseun. Die knaap het ‘n baie hoë agting gehad vir sy oupa, en soos dit maar gaan, het hy probeer naboots wat Oupa doen.

Oupa se gewoonte was om elke oggend, dou voor dag op te staan, die ou koolstoof aan die brand te kry, en dan vat hy sy ou gehawende Bybel en gaan sit in die lekker warm kombuis by die tafel en lees uit die Bybel. Die kleinseun het Oupa dopgehou, en ook sy Bybel gaan haal, en net soos Oupa soggens by die kombuistafel gaan sit en lees daaruit.

Maar iets het die knapie baie gepla: “Oupa, ek weet nou nie so mooi nie”, sê hy een oggend, “ek probeer ook die Bybel lees soos Oupa, maar ek verstaan nie wat ek lees nie. En as ek die slag verstaan, dan waai dit by my ore uit, en netnou het ek alweer alles vergeet wat ek gelees het. Oupa, is dit ooit die moeite werd om nog uit die Bybel te lees? Ek meen – wat is nou die nut daarvan as ek tóg alles vergeet?”

Oupa het diep gedink, en toe sien hy ‘n leë steenkoolsak, al pikswart gevlek van die roet, lê langs die stoof. “Boetie, gaan haal vir Oupa ‘n sak vol water in die stroompie hier onder”, vra hy die seun.

Gretig om Oupa te plesier, spring die knaap daar weg met sy goiingsak, en laat vat af stroompie toe. Dis harde werk om die sak vol te kry, maar hy byt vas, en met die sak oor sy skouer hardloop hy terug huistoe na Oupa wat sukkel om nie uit te bars van die lag nie. Natuurlik was die sak dolleeg gelek teen die tyd dat hy by Oupa aankom. “Ai man!”, sug Oupa, “Jy sal maar weer moet gaan probeer jong!”, en daarmee suiker die knaap weer af riviertjie toe met sy sak.

Hierdie slag hardloop die outjie terug met sy sak water so vinnig as wat sy beentjies hom kan dra, maar steeds is dit verniet, want natúúrlik is die sak weer leeg by sy aankoms. “Nee Oupa,”, blaas hy uitasem, “Dis onmoontlik – hierdie sak lek!”, en daarmee gooi hy die sak eenkant en gaan gryp ‘n emmer.

“Nee Boetie”, keer Oupa hom, “ek wil nie ‘n emmer water hê nie, ek wil ‘n SAK water hê! Toe jong, jy kan dit mos doen! Jy probeer net nie hard genoeg nie.” En daarmee gaan staan hy weer in die kombuisdeur en hou die seuntjie dop waar hy sy onmoontlike taak probeer uitvoer. Die seun het lankal besef dat hy besig is met ‘n gejaag na wind, maar hy wou só hard vir Oupa probeer plesier, dat hy maar gedweë weereens die sak in die stroompie volmaak en met sy lekkende vrag so vinnig as wat hy maar kan die bultjie ophardloop na Oupa toe.

“Nee Oupa, dit werk nie!”, huil-sê die outjie moedeloos, “Kyk hoe hard probeer ek, maar niks gebeur tog nie!”
“Dink jy rêrig dat daar niks gebeur het nie?”, vra Oupa, “kyk dan ‘n slaggie na die sak. Wat sien jy anders aan die sak as toe jy begin het?”

Met ‘n vraag in sy oë bekyk hy die sak – wat kan Oupa tog bedoel? Die steenkoolsak is natuurlik sopnat van al die gewaterdraery, maar skielik besef hy dat die sak ook skoon is – al die steenkoolstof is uitgewas! “Oupa, die sak is skoongewas! Maar ek verstaan nog nie Oupa?”

“Boetie”, sê Oupa, “Dis wat gebeur wanneer jy die Bybel lees. Miskien verstaan jy nie alles wat jy lees nie, en dalk vergeet jy amper alles wat jy so hard probeer onthou. Maar terwyl jy lees gebeur iets met jou – jou binnekant word verander – jy word as’t ware skoongewas van binne af terwyl jy die Bybel lees.

‘n Mooi storietjie, maar daar is ‘n baie diep waarheid in hierdie verhaaltjie opgesluit. Nou die dag vra iemand vir my of dit ooit nog die moeite werd is om kerktoe te gaan, want as hy by die deur uitstap, het hy die preek klaar vergeet, al het die predikant ook hoé mooi gepraat. Ook hiér geld die steenkoolsakbeginsel, want ‘n mens gaan nie kerk toe om maar net die preek te onthou nie. Maak ‘n punt daarvan om die wonderlike samesyn van medegelowiges te koester, en gee jou hele wese oor om van binne vernuwe te word deur die besondere teenwoordigheid van God in die erediens. Bedoel elke woord wat jy sê wanneer jy sing en drink die heiligheid wat jy daar ervaar in. Dan maak dit nie meer saak as jy nie die preek so mooi kan onthou nie.

Dieselfde geld vir die Bybel: wanneer jy daarin lees – laat die Heilige Gees toe om jou siel en hart aan te raak sodat elke woord vir jou ‘n wonderlike belewenis kan word. En as jy nie ritse en ritse Bybelversies kan onthou soos sommige evangeliste (wat net eenvoudig my mond laat oophang van verbasing) nie – watwo! Dit maak nie saak nie! Die belangrikste is wat met jou binneste gebeur wanneer jy die wonderlike, onfeilbare Heilige-Gees-geïnspireerde Woord van God lees

THE LORD’S PRAYER

Filed under: Christianity, God, Heilige Gees, Holy Spirit, I am a Christian, Jesus, Love, prayer, religion — prayerweb @ 12:56 pm

THE LORD’S  PRAYER
 

Rather cleverly done in two parts:

 The prayer  is ( in blue type 

 And GOD  response is in ( in red type )

**********  

Our Father Who Art In Heaven.
Yes?

Don’t interrupt me. I’m praying.

But — you called ME!

Called you?
No, I didn’t call you.
I’m praying.
Our Father who art in Heaven.

There — you did it again!

Did what?

Called ME.

You said,
“Our Father who art in Heaven”
Well, here I am.

What’s on your mind?

But I didn’t mean anything by it.
I was, you know, just saying my prayers for the day.
I always say the Lord’s Prayer.
It makes me feel good,
Kind of like fulfilling a duty.

W
ell, all right.
Go on.

Okay, Hallowed be thy name .

Hold it right there.
What do you mean by that?

By what?

By “Hallowed be thy name”?

It means, it means . . Good grief,

I don’t know what it means.
How in the world should I know?
It’s just a part of the prayer.
By the way, what does it mean?

It means honoured, holy, wonderful.

Hey, that makes sense.
I never thought about what ‘hallowed’ meant before.
Thanks.
Thy Kingdom come,
Thy will be done,
On earth as it is in Heaven.

Do you really mean that?

Sure, why not?

What are you doing about it?

Doing? Why, nothing, I guess.

I just think it would be kind of neat if you got control,
Of everything down here like you have up there.
We’re kinda in a mess down here you know.

Yes, I know;
But, have I got control of you?

Well, I go to church.

That isn’t what I asked you.
What about your bad temper?
You’ve really got a problem there, you know.
And then there’s the way you spend your money –
All on yourself.
And what about the kind of books you read?

Now hold on just a minute!
Stop picking on me!
I’m just as good as some of the rest of those people at church!

Excuse ME.
I thought you were praying
For my will to be done.
If that is to happen,
It will have to start with the ones
Who are praying for it.
Like you — for example.

Oh, all right. I guess I do have some hang-ups.
Now that you mention  it,
I could probably name some others.

So could I.

I haven’t thought about it very much until now,
But I really would like to cut out some of those things.
I would like to, you know, be really free.

Good.
Now we’re getting somewhere.We’ll work together — You and ME.
I’m proud of You.

Look, Lord, if you don’t mind,

I need to finish up here.
This is taking a lot longer than it usually does.
Give us this day, our daily bread.

You need to cut out the bread.
You’re overweight as it is.

Hey, wait a minute! What is this?

Here I was doing my religious duty,
And all of a sudden you break in
And remind me of all my hang-ups.

Praying is a dangerous thing.
You just might get what you ask for.
Remember,
You called ME — and here I am.
It’s too late to stop now.
Keep praying.  ( . . Pause . . )
Well, go on.

I’m scared to.

Scared? Of what?

I know what you’ll say.

Try ME.

Forgive us our sins, as we forgive those who sin against us.
What about Ann?

See? I knew it!
I knew you would bring her up!
Why, Lord, she’s told lies about me, spread stories.
She never paid back the money she owes me.
I’ve sworn to get even with her!

But — your prayer –
What about your prayer?

I didn’t — mean it.

Well, at least you’re honest.
But, it’s quite a load carrying around all that bitterness
And resentment isn’t it?

Yes, but I’ll feel better as soon as I get even with her.
Boy, have I got some plans for her.
She’ll wish she had never been born.

No, you won’t feel any better.
You’ll feel worse.
Revenge isn’t sweet.
You know how unhappy you are –
Well, I can change that.

You can? How?

Forgive Ann.
Then, I’ll forgive you;
And the hate and the sin,
will be Ann’s problem — not yours.
You will have settled the problem
as far as you are concerned.

Oh, you know, you’re right.
You always are.
And more than I want revenge,
I want to be right with You . . (sigh).
All right . all right . .
I forgive her.

There now!
Wonderful!
How do you feel?

Hmmmm. Well, not bad.
Not bad at all!
In fact, I feel pretty great!
You know, I don’t think I’ll go to bed uptight tonight.
I haven’t been getting much rest, you know.

Yeah, I know.
But, you’re not through with your prayer are you? Go on.

Oh, all right.
And lead us not into temptation,
but deliver us from evil.

Good! Good! I’ll do that.
Just don’t put yourself in a place
where you can be tempted.

What do you mean by that?

You know what I mean.

Yeah. I know.

Okay.
Go ahead. Finish your prayer.

For Thine is the kingdom,
and the power,
and the glory forever.
Amen.

Do you know what would bring me glory –
What would really make me happy?

No, but I’d like to know.
I want to please you now.
I’ve really made a mess of things.
I want to truly follow you.
I can see now how great that would be.
So, tell me . . .
How do I make you happy?

YOU just did.

LIEFDE

Filed under: Afrikaans, Christelik, Ek is 'n Christen, God, Heilige Gees, Jesus, Liefde, Love, gebede, prayer — prayerweb @ 12:53 pm

 

Liefde – God se liefde en ons liefde

 

Amen

“Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God,
en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God.
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie,
want God is liefde.”

1 JOHANNES 4:7-8

Almagtige God wat liefde ís,
ons aanbid U omdat u dade ’n bewys van u liefde is:
U het die heelal geskep en onderhou dit van dag tot dag;
U het die mens as die kroon van u skepping gemaak;
U het u Seun gestuur om ons te verlos toe ons van U af
weggedwaal het.
Ons loof U vir die wonder van Christus se lewe, dood en opstanding.
Ons loof U dat U die Heilige Gees na ons toe gestuur het
as ons Trooster en Leidsman.
Ons loof U vir die wonder van vergifnis en verlossing
en vir die hoop op ’n ewige lewe.
Ons buig in verwondering en aanbidding voor u liefde!
God wat liefde is, bewaar ons deur u Heilige Gees van vals liefde.
Hou ons weg van niksseggende woorde en van vals leerstellings.
Gee dat ons dade van barmhartigheid nooit tot ons eie eer sal
wees nie.
Bewaar ons van ’n geloof wat kil en koud is,
ontdaan van alle ware liefde.
Here, bewaar ons van liefdeloosheid.
Dankie, Jesus, dat U na ons toe gekom het
om God se liefde vir ons ’n sigbare werklikheid te maak.
Dankie dat U deur u lewe God se liefde gedemonstreer het.
Dankie dat U aan die kruis die liefde van God bewys het.
Dankie dat U deur u opstanding sy liefde verewig het.
Ons loof en dank U, o Heilige Gees van God,
dat U ons leer hoe om mekaar lief te hê
omdat ons deur U die liefde van God leer ken.
Lei ons elke dag tot ’n inniger en meer opregte liefde.
Ons bid dit in die Naam van die drie-enige God wat liefde is!

Blog at WordPress.com.