Here‚
wanneer alles rondom my woestyn word
en dit nie meer help om te huil nie …
hoor U my.
Wanneer U sien hoe alles voor my doodgeloop het‚
dit doodgegaan het binne-in my …
dan is dit U wat op die regte tyd
’n nuwe pad voor my oopstoot
sodat ek kan uitkom uit my vasgeloopte situasie.
Dan buk U af‚
en red my onder my besembos uit‚
in ’n nuwe lewe in
amen
Barend Vos
——————————–
Lord‚
when everything around me becomes a desert
and it doesn’t help to cry …
you hear me.
When you see how everything in front of me has withered
and how withered I am …
then you open a new road for me
at the right time
which enables me to get out of my dead-end situation.
Then you bow down‚
to save me from the broom bush‚
into a new life.
amen
Barend Vos