Goeie Here‚
ons hemelse Vader‚
in wie die volheid van alle wysheid en kennis woon‚
verlig ons verstand deur u Heilige Gees‚
en gee ons die genade om u Woord
met eerbied en nederigheid te benader‚
elke keer wanneer ons daarin lees –
sodat ons die lig kan hê
om te weet hoe U wil hê ons moet lewe.
Bewaar ons van ’n gees van arrogansie
en beterweterigheid
waarmee ons self ons lewe wil inrig‚
en waardeur ons in die duisternis bly‚
en nooit sal verstaan
wát die waarheid van u Woord is nie
amen
Johannes Calvyn
——————————————-
Good Lord‚
our heavenly Father‚
in whom the fullness of all wisdom and knowledge reside‚
enlighten our minds through your Holy Spirit‚
and give us the grace to treat
your Word with honour and respect‚
every time we read it –
so that we have the knowledge
to know how you want us to live.
Keep us from an attitude of arrogance
and pedantry
according to which we want to live our lives‚
and which keeps us in the dark‚
and prevents us from understanding
what the truth of your Word actually is.
amen
John Calvin