Let us PRAY

June 25, 2008

HEILIGE GEES / HOLY SPIRIT

Filed under: Christelik, Christianity, God, Heilige Gees, Holy Spirit, Jesus, gebede, prayer, religion — prayerweb @ 9:05 pm

O Heilige Gees‚
bly altyd by ons;
begeester ons gedagtes‚
deurdring ons verbeelding;
por ons aan om reg te besluit;
bring orde in ons chaos.
Wees met ons in ons stilbly en in ons praat‚
in die gejaagdheid van ons werk‚
en in die rus van ons ontspanning.
Wees met ons wanneer ons alleen is‚
en wanneer ons omring is van mense;
in die varsheid van die vroegoggend‚
en in die uitputting van die laataand.

Heilige Gees‚
skenk ons die vermoë om te alle tye
nederig bewus te wees van die misterie
van u teenwoordigheid‚
en om ons daarin te verheug.
amen

John Baillie

———————————————————-

O Holy Spirit‚
always stay with us;
inspire our thoughts‚
permeate our imagination;
encourage us to choose correctly;
bring order in our chaos.
Be with us in our silence and in our speaking‚
in the rush of our jobs‚
and in the rest of our relaxation.
Be with us when we are alone‚
and when we are surrounded by people;
in the freshness of the early morning‚
and in the fatigue of the late night.

Holy Spirit‚
give us the ability to always
be quietly aware of the mystery
of your presence‚
and to find joy therein.
amen
John Baillie

EERBIED & NEDERIGHEID / HONOUR & RESPECT

Filed under: gebede, prayer, religion — prayerweb @ 9:01 pm

Goeie Here‚
ons hemelse Vader‚
in wie die volheid van alle wysheid en kennis woon‚
verlig ons verstand deur u Heilige Gees‚
en gee ons die genade om u Woord
met eerbied en nederigheid te benader‚
elke keer wanneer ons daarin lees –
sodat ons die lig kan hê
om te weet hoe U wil hê ons moet lewe.

Bewaar ons van ’n gees van arrogansie
en beterweterigheid
waarmee ons self ons lewe wil inrig‚
en waardeur ons in die duisternis bly‚
en nooit sal verstaan
wát die waarheid van u Woord is nie
amen

Johannes Calvyn

——————————————-

Good Lord‚
our heavenly Father‚
in whom the fullness of all wisdom and knowledge reside‚
enlighten our minds through your Holy Spirit‚
and give us the grace to treat
your Word with honour and respect‚
every time we read it –
so that we have the knowledge
to know how you want us to live.

Keep us from an attitude of arrogance
and pedantry
according to which we want to live our lives‚
and which keeps us in the dark‚
and prevents us from understanding
what the truth of your Word actually is.
amen
John Calvin

AMEN & HALLELUJA

Good God‚ we know:
Eventually everything that is
will be summarised in only two words:
Amen! and Hallelujah!
We will rest and we will see.
We will see and we will know.
We will know and we will love.
We will love and we will praise:
Amen! and Hallelujah!
This is our end‚
that is no end.
amen
August of Hippo

————————————————

Goeie God‚ ons weet:
Uiteindelik sal alles wat is‚
saamgevat kan word in net twee woorde:
Amen! en Halleluja!
Ons sal rus en ons sal sien.
Ons sal sien en ons sal weet.
Ons sal weet en ons sal liefhê.
Ons sal liefhê en ons sal loof:
Amen! en Halleluja!
Dit is ons einde‚
wat geen einde is nie.
amen

Augustinus van Hippo

TO BELIEVE / OM TE GLO

Here‚
wanneer alles rondom my woestyn word
en dit nie meer help om te huil nie …
hoor U my.
Wanneer U sien hoe alles voor my doodgeloop het‚
dit doodgegaan het binne-in my …
dan is dit U wat op die regte tyd
’n nuwe pad voor my oopstoot
sodat ek kan uitkom uit my vasgeloopte situasie.
Dan buk U af‚
en red my onder my besembos uit‚
in ’n nuwe lewe in
amen
Barend Vos

——————————–

Lord‚
when everything around me becomes a desert
and it doesn’t help to cry …
you hear me.
When you see how everything in front of me has withered
and how withered I am …
then you open a new road for me
at the right time
which enables me to get out of my dead-end situation.
Then you bow down‚
to save me from the broom bush‚
into a new life.
amen

Barend Vos

CARE FOR OTHERS / OMGEE VIR ANDER

Lord‚ today I pray the words of an old prayer
for my own life:
I will go through this life only once –
Let me do every good deed
that I can.
Let me show every gesture of caring and compassion‚
at any opportunity that arises.
Lord‚ help me to do it immediately‚
without procrastination –
because I will not go along this road again.
amen

Stephen Grellet

———————————————–

Here‚ vandag bid ek die woorde van ’n ou gebed
vir my eie lewe:
Ek gaan net één keer deur hierdie lewe –
Laat my daarom elke goeie daad
wat ek ek kan doen‚ dóén.
Laat my elke gebaar van omgee en deernis bewys‚
wanneer die geleentheid hom voordoen.
Here‚ help my om dit dadelik te doen‚
sonder uitstel –
want langs hierdie pad sal ek nooit weer gaan nie.
amen

Stephen Grellet

FOCUS ON THE LORD / FOKUS OP DIE HERE

Holy God‚
in this precious hour we get together
to come to rest
before your Word.
To do this‚ we needed to break away
from our work responsibilities‚
from our game fantasies‚
from the fears that overwhelm us‚
from the ambitions that consume us.
In these moments free us
from every form of attention detraction‚
so that we will focus and listen‚
so that we will hear‚
and be changed.
amen

Walter Brueggemann

————————————————-

Heilige God‚
in hierdie kosbare uur kom ons tesame
om tot rus te kom
voor u Woord.
Om dit te kon doen‚ moes ons wegbreek
van ons werkverantwoordelikhede‚
van ons spelfantasieë‚
van die vrese wat ons wil oorweldig‚
van die ambisies wat ons wil opvreet.
Bevry ons dan nou in hierdie oomblikke
van elke vorm van aandag-afleiding‚
sodat ons kan fokus en kan luister‚
sodat ons kan hoor‚
en verander kan word.
amen

Walter Brueggemann

LIEFDE VAN GOD

Filed under: Afrikaans, BLOED VAN JESUS, Christelik, God, Heilige Gees, Jesus, Liefde, gebede — prayerweb @ 8:41 pm

Liefdevolle Here‚
word U nooit moeg van goed-wees vir my nie?
Waarom is ek dan so traag om my liefde vir Ú te wys
deur goed te wees vir ander mense?

Soos U vreugde het aan die geluk van u kinders‚
laat my tog ook vreugde vind in diens aan my naaste.
Ag‚ Here‚ gee my wat ek nie het nie.
Máák my wat ek nie is nie.
Laat die bewyse van u vergewende en genadige liefde
teenoor my‚
my aanspoor tot geduld en vergifnis en genade
teenoor ander
amen

John Wesley

Blog at WordPress.com.