Let us PRAY

March 28, 2008

VUUR VAN GOD/ GOD’S FIRE

Come‚ Lord‚ Jesus‚
work in me‚
ignite the fire of your Spirit in my heart;
keep me close to you‚
let the aroma of your grace intoxicate me.
I am coming‚ Lord
Let your love be my magnet.
amen
August of Hippo

————————————————————————

Kom‚ Here‚ Jesus‚
werk in my‚
steek die vuur van u Gees in my hart aan;
hou my naby U‚
laat die geur van u genade my bedwelm.
Ek kom‚ Here‚
laat u liefde my magneet wees.
amen

HOLY SPIRIT / HEILIGE GEES

Breath of God‚
Holy Spirit‚
blow your breath in me‚
fill me with new life –
so that I can love you‚
Father‚ Son and Ghost‚
as you deserve
because you love me
without me deserving it.
Blow your breath in me
so that I can do
what you want me to do.
Let your Spirit live in me.
amen

————————————————————————

Asem van God‚
Heilige Gees‚
blaas u asem in my‚
vul my met nuwe lewe –
sodat ek U kan liefhê‚
Vader‚ Seun en Gees‚
soos U verdien
omdat U my liefhet
sonder dat ek dit verdien.
Blaas u asem in my
sodat ek kan doen
wat U wil hê ek moet doen.
Laat u Gees in my lewe.
amen
Edwin Hatch

March 14, 2008

LIEFDE EN BLYDSKAP

Filed under: Afrikaans, BLOED VAN JESUS, Christelik, Ek is 'n Christen, God, Heilige Gees, Jesus, gebede — prayerweb @ 2:18 pm

Ek weet nie hoe lank “ewig” is nie‚ Here.
Maar ek bring lof aan U
wat van altyd af net daar is‚
en tot in die verre toekoms
– anderkant die tyd –
steeds daar sal wees.
Miskien werk tyd nie vir U
in die sin van verlede en toekoms nie:
U is teenwoordig in alle tyd.
Dankie dat U my stukkie tyd
– weet hoe lank? –
binnetree en vir my sorg
met oneindige liefde‚
sagte hande‚
en ’n warm omhelsing.
U liefde duur inderdaad tot in ewigheid!
Amen

Piet Naudé

LIFE IN ABUNDANCE / LEWE IN OORVLOED

You are worthy!
You are truly worthy
to be testified to by each mouth‚
praised by each tongue‚
worshipped by each creature.
We praise your glorious Name‚
o Father‚ Son and Holy Spirit in One‚
because in your grace you did not only create the world‚
but in your compassion and empathy
saved and recreated the world.
                                                                                            Before your majesty and love‚ o God‚
ten thousand times ten thousand beings bow down‚
to praise and worship you without end:
Holy‚ holy‚ holy you are‚ Lord‚
Lord of all!
Heaven and earth is full of praise‚
for your powerful presence.
Hosanna in the highest!
Amen
Nestorian liturgy from the 5th century

—————————————————————————————-

U is waardig!
U is waarlik waardig
om bely te word deur elke mond‚
geloof te word met elke tong‚
aanbid te word deur elke skepsel.
Ons loof u glorieryke Naam‚
o Vader‚ Seun en Heilige Gees in Een‚
want U het in u genade nie net die wêreld geskep nie‚
maar ook uit barmhartigheid en medelye
die wêreld gered en herskep.
                                                                                                             Voor u majesteit en liefde‚ o God‚
buig tienduisende maal tienduisend wesens neer‚
om U sonder einde te prys en te besing:
Heilig‚ heilig‚ heilig is U‚ Here‚
Here van die leërskare!
Hemel en aarde is vol van u lof‚
van u magtige teenwoordigheid.
Hosanna in die hoogste!
Amen

MAAK MY OE OOP VIR ANDER/ OPEN MY EYES FOR OTHER’S NEED LORD

Ag‚ Here‚ my lewe draai net om myself.
Selfs op my knieë voor U
is my eerste gedagte aan my eie behoeftes
waarvoor ek u voorsiening wil vra.
Here‚ maak my oë oop vir die nood‚ die verlangens‚
die behoeftes van ander in u wêreld.
Stort tog u gees van selfloosheid in my hart uit.
En wanneer my hart daarvan oorloop‚
laat my dan ruimskoots met my naaste deel.
Maak my hart oop vir hulle harte
sodat ek kan weet wat hulle nodig het‚
en waar ek kan help.
O God van liefde‚ wat u son ewe helder laat skyn
oor goeies en slegtes‚
en u reën stuur vir dié wat reg doen
én al die ander –
maak tog van my ’n kind wat na U aard‚
wat myself kan vergeet
en wat gul en sonder voorbehoud vir my naaste
kan bid en sal gee.
Ek vra dit in die Naam van Hom
wat Homself volledig gegee het.
Amen

————————————————————–

O Lord‚ my life is concerned with only me.
Even on my knees before you
my first thoughts are concerned with my own needs
for which I require your provision.
Lord‚ open my eyes for the needs‚ desires
and wishes of others from your world.
Pour your spirit of selflessness into my heart.
And when my heart overflows with it‚
let me generously share it with my neighbours.
Open my heart for their hearts
so that I will know what they need‚
and where I can help.
O God of love‚ who lets your sun shine equally
on the good and the bad people‚
and who sends your rain to both those who are just
and to all others –
turn me into a child after your nature‚
who can forget himself
and who prays and gives to others
without prejudice.
I am asking this in the Name of him
who gave Himself completely.
Amen
John Hunter

Blog at WordPress.com.