Let us PRAY

January 20, 2008

DIE KRAG VAN GEBED / POWER OF PRAYER

Here‚ vandag wil ek bely
dat U te dikwels vir my
die God-van-die-gapinkies is.
Ek praat met U net oor die dingetjies
wat ek nie self kan doen nie.
Dit wat ek reken binne my eie vermoë lê‚
is nie meer ’n gespreksonderwerp tussen ons nie.
Ook oor werklike groot dinge bid ek nie‚
omdat ek nie altyd meer glo
dat U daaraan ’n verskil kan maak nie.
Daarom kom bid ek vandag net een ding:
dat U my waarlik die krag van gebed sal laat ervaar.
U sal wel weet hoe om dit in my lewe waar te maak.
Ek bid dat ek ware gebed sal proe
en die smaak dan goed sal onthou.
Here‚ ek wil so graag hê dat gebed weer die suurstof
van my geloofslewe moet wees.
Doen asseblief hierdie wonder in my
en in die lewe van my kerk.
amen
————————————————————-

Lord‚ today I want to confess
that all too often you are
the God of the little gaps.
I only talk to you about the little things
that I can’t do myself.
Those things that I think are within my own capabilities‚
are no longer subjects of conversation between us.
About the really significant things I pray no more‚
because I don’t always believe
that you will make a difference to them.
Therefore‚ today‚ I come with only one thing:
that you will let me experience the true power of prayer.
You will know exactly how to make it real in my life.
I pray that I will taste true prayer
and will remember the flavour clearly.
Lord‚ I dearly want prayer to be the oxygen
of my faith.
Please perform this miracle in me
and in the life of my church.
amen
From Prayer: To live close to God From: Gebedeboek vir die lewe (Lux Verbi.BM)

162 Comments »

  1. Aan GOD al die eer

    Comment by Pikkie Pretorius — August 12, 2009 @ 4:28 pm | Reply

    • groet jele in daar die wonderlike naam van ons salig maker JESUS,BID VER MY FAMILE ,my geliefde seun lenert 23jr ,kar ongeluk las jaar 2april tot nou ,kan ni loop praat ni (spatseltjies blood op di brain),ek is werkende ma maar my ma 71jr versorg hom 24uur sieklik ,haar neus trek toe ,bid ver my ek wil n huis koop,in die dorp,en ver my as ma in hierdi moelike tyd mag GOD jele seen amen

      Comment by dorothea — August 29, 2011 @ 1:33 pm | Reply

    • Ek het u gebed nodig asb ons het ales vir loor proebeer baie hard om we op te staan dan val die volgende klip we op ons my man soek werk nou doen hy los werk om ons te proebeer in die gang te hou ma die mense wil nie betaal nie ons met rend betaal en twee ander goed almal is op ons moet ek we ales vir loor ek bid en bid weet nie of ek vir keert bid nie kan iemand my help asb

      Comment by maria — December 9, 2013 @ 5:22 pm | Reply

      • Beste Maria

        ek dink nie n mens kan ooit verkeerd bid nie ek dink en Glo tog dat God weet wat in elkeen se hartjie aan gaan jy moet net bly glo en vertrou jouself en glo ook in jouself en wees maar net geduldig en dinge sal beter word, Ek het my werk verloor en ek kon nie werk kry nie en ek kon my eie klein besigheid begin met min geld en dis nou meer as n jaar en ek byt vas en vat elke dag soos dit kom en nog elke dag kon ek darm my gesin voorsien van n ete en weet jy daar het meskien een deur vir my toegemaak en met geloof en hoop en geduld is daar nou al n paar deure wat vir my oop gaan so byt vas en hou aan bid

        Comment by Florence — December 11, 2013 @ 7:12 am

  2. Dankie, die gebede hier beteken baie vir my in my gebedslewe.
    Martin

    Comment by Martin Geustyn — September 11, 2009 @ 2:45 pm | Reply

  3. Het die gebedsblaaitjies opgedroog?

    Comment by Martin Geustyn — September 11, 2009 @ 2:48 pm | Reply

  4. Baie baie dankie hierdie gebed is net wat ek nodig gehad het vandag. Bid asb ook vir my ek gaan deur n moeilike tyd en is baie baie depresief. Bid ook vir my finansies en dat ek my werk suksesvol sal doen asb
    Baie baie dankie
    Monica

    Comment by monica — December 12, 2009 @ 11:22 am | Reply

  5. Prys Sy naam.

    Comment by Mervyn — December 13, 2009 @ 10:46 am | Reply

  6. Gebede het groot krag.

    Gebede het groot krag.Bid ook asb saam met my vir finansieele deurbrake vir ons besigheid. Bankie Jesus liefde stuur ek julle

    Comment by francois — January 10, 2010 @ 8:45 am | Reply

  7. goeie dag dierbares, bid a.s.b vir my, ek wil he my ouers moet in my glo’ my nie sleg maak; verneder voor ander mense ; my lief het.ek wil gelukkig is in die lewe’ trou en kinders he; wonderlike man. bid a.s.b vi my’ ek is gered, ek het god lief; bid ook vi my vi lewensmaat’ ek het reeds iemand vi wie ek omgee; my lewe graag mee wil deel

    Comment by lesley ann — February 13, 2010 @ 12:04 pm | Reply

  8. Hi almal.
    Het onlangs op hierdie “site” afgekom en is dankbaar daarvoor. Soos almal het ek ook onlangs deur baie hartseer gegaan en sukkel nogsteeds daarmee. Ek vra dat julle asb vir my bid. My huwelik is besig om te muslik en ek bid elke dag dat die Here dit sal red. Ek is nog vreeslik baie lief vir my man en bid dat hy sal sien hoe baie lief ek hom het. Die seer is amper net te veel. Ek kan dit net nie verwerk nie…..

    Comment by Francoiette — February 19, 2010 @ 2:00 pm | Reply

    • GOEIE DAG MENSE MY HUWELIK LE OOK OP DIE ROTSE EN EK HET ‘N BABA VAN 8 MAANDE BID VIR MY OOK ASB WANT DIS MY ENIGSTE KANS.

      Comment by ALIDA — March 31, 2010 @ 1:43 pm | Reply

  9. Baie dankie vir die gebede. Bid asseblief saam met my my besigheid gaan deur ‘n baie moeilike tyd en dit voel of alles uitmekaar wil val.

    Comment by Riana — February 23, 2010 @ 4:27 pm | Reply

    • Hi Riana….
      Ek bid dat die Here jou sal bystaan… Sterkte en hou moed!!!

      Comment by Francoiette — February 24, 2010 @ 10:11 am | Reply

  10. Ek het vanaand op die gebed web blad af gekom. Dit is wonderlik en gaan ek dit dadelik “bookmark”en sommer elke dag lees. Ons is tans in Australia en my manis werkloos. Ek het asb gebed nodig…..dat hy werk sal kry. My man was maandag vir ‘n onderhou. Bid asb saam met ons dat ons terugvoering sal kry en dat as dit Sy wil is my man die werk sal kry. Dankie vir die gebede. Cindy

    Comment by Cindy — March 18, 2010 @ 12:25 pm | Reply

  11. baie dankie wat n pragtige gebed nou het ek weer krag vir die dag francina

    Comment by francina — March 23, 2010 @ 12:50 pm | Reply

  12. Please pray for me and my family. Horrible year so far. Many problems. Fear in my heart. Distrust.

    Comment by Herald. — April 7, 2010 @ 2:16 pm | Reply

    • Hi Herald,
      Wil net een ding by jou los en dit is: Satan saai frees nie die Here nie. Spandeur meer tyd saam hom en meskien is dit ‘n goeie idee dat jy vas oor die saak. Die Here sal JOU antwoord!
      Die Here wil altyd die beste vir ons he en meskien is ons oe so toe dat ons nie kan sien HY is besig om agter die skerms te werk nie. Ons kyk net aan ons probleme vas….

      Sterkte en ek bid vir jou!

      Comment by Jenine — May 24, 2010 @ 12:19 pm | Reply

  13. Please pray for me cause im doing bad.

    Comment by Geroldine — April 29, 2010 @ 11:13 am | Reply

  14. Dankie vir die webtuiste..ek het vanaand dit so nodig..ek sit in n donker dal en weet nie mooi wat die uitkoms gaan wees nie en ek het n ernstige behoefte gehad om met iemand te praat, toe tik ek sommer net gebed in op google en kom op die webtuiste af. hier waar my trane vloei, glo ek vas dat die Here my sal behoed en bewaar en my die krag gee wat ek nodig het. My lewe voel skielik soos n “rollercoaster” wat nie remme het nie. ek is verslae en magteloos, maar ek staan vas en glo in God die Vader…

    Comment by Moedeloos — May 3, 2010 @ 10:54 pm | Reply

  15. YOU go my friend! Die Here sal jou help…. FAITH!

    Comment by Jenine — May 24, 2010 @ 12:20 pm | Reply

  16. Dankie Here dat ek hierdie wonderlike adres bereik het,al is ek swak vra en bid ek dat U my altyd sal bystaan asb in Ugroot en almgtige Naam.Amen

    VANDAG HET EK DIT BAIE BAIE NODIG.NET DIE SPESIALE GEBEDJIE.
    WIETS

    Comment by WIETS — May 31, 2010 @ 12:37 pm | Reply

  17. WIL SO GRAAG MEER GEESTELIK LEWE-MAAR DAAR KOM TYE DAN VAL EK IN DIE PUT.HELP ASB.

    Comment by WIETS — June 1, 2010 @ 12:08 pm | Reply

  18. Ek het vandag regtig hulp nodig. My man is al lank sonder werk, nou probeer hy self werk maak deur skuldberading te doen, dit werk nie. Gister was hy vir `n onderhoud sy eerste in 5 jaar, hy het vanoggend gehoor hy het nie die werk gekry nie, Ek bid elke dag , maar dit word nou baie soos in die gebed dat wat ek voor vra dalk nie God se wil is nie, maar wat is dan reg? Ons moet ons daaglikse brood verdien. Hoe doen jy dit as niemand jou wil werk gee nie? Ek is in `n gat ek moet ondersteun, ek is lief vir hom maar voel ek kan nie meer nie

    Comment by Elize — June 22, 2010 @ 4:52 pm | Reply

  19. Ek is ook baie moedeloos en depressief want ek is werkloos en dit voel vir my dit word nie beter nie maar ek sal bly Glo en Vertrou op Die HERE want HY weet wat die Beste vir Elkeen van ons is.Ek is bly ek het op die website afgekom.

    Comment by J G — June 30, 2010 @ 2:09 pm | Reply

  20. EK VRA DAT U ASB VIR MY MAN SAL BID SODAT DIE HERE SY LEWE SAL VERANDER EN SODAT HY SY WERK SAL DOEN VOLGENS SY VERMOEENS EN GOED VIR SY GESIN SAL SORG.

    Comment by DESIREE CLOETE — July 22, 2010 @ 9:29 pm | Reply

  21. EK VRA DAT U ASB VIR MY MAN SAL BID SODAT DIE HERE SY LEWE SAL VERANDER EN SODAT HY SY WERK SAL DOEN VOLGENS SY VERMOENS EN GOED VIR SY GESIN SAL SORG.

    Comment by DESIREE CLOETE — July 22, 2010 @ 9:30 pm | Reply

  22. Drie “klein” dingetjies het my vanoggend omgekrap en ek het op die webblad afgekom omdat ek net wou bid. Ek het eers almal se hulpkrete gelees en besef dat my drie “klein” probleempies kan wag. Ek bid eers vir almal vandag wat dit dringender nodig het Vader, bemoedig, versterk en gryp in asseblief. Dankie God vir al die genade en troos.

    Comment by connie — July 23, 2010 @ 10:33 am | Reply

  23. Ek het so n rukkie terug vertel dat my man my wou skei en ongelukkig het dit gebeur. Ek verneem dat hy glo sê hy het dalk n fout gemaak. Ek is nogsteeds baie lief vir my man en hoop dat die Here (as dit Sy wil is) ons weer bymekaar sal bring. Ek bid vir amal van julle en glo die Here dra ons. Ek bid dat almal van ons beskerm sal word en dat die Here on sal genees. Ek dink aan almal en wil net sé hou moed. Wees sterk en glo aan ons Vader. Sonder hom is als nitteloos…. Lekker dag almal….

    Liefde
    Francoiette

    Comment by Francoiette — July 23, 2010 @ 11:20 am | Reply

  24. Hallo Almal

    Wil vandag groot gebed van almal vra, my man is al 6 jaar somder werk en gaan vandag 10h45 vir `n onderhoud. Dis die tweede onderhoud in 3 jaar, asb bid dat God se wil sal geskied, en dat daar genade en uitkoms vir my man sal wees dat hy weer vir ons as sy gesin sal kan sorg & weer sy self trots sal terug kry.

    Dankie

    Comment by Elize — August 5, 2010 @ 9:02 am | Reply

  25. Hi ALMAL EK MOET DIT NET EENVOUDIG DEEL MET JULLE ALMAL-EK HET IN MY SONDE WERELD PROBEER OM ALLES TE DOEN BYMYSELF EN TELKEMALE HET EK NET 2DE GEKOM.EK HET REGTIG NET GEGAAN EN GESE HERE NOU IS DIT LETTERLIK ALLES IN JOU HANDE MET MY HARTKOPPIGHEID HET EK LAAT VAAR.GLO MY DIT IS EN WAS DIE BESTE WAT EK OOIT SOOS IN OOIT IN ,MY HELE LEWE KON DOEN EK KRY HULP LETTERLIK VAN ALLE KANTE AF DANKIE HERE VIR U WONDERLIKE GENADE DANKIE IN U ALMAGTIGE GROOT EN WONDERLIKE NAAM VAN NOU AF TOT IN ALLE EWIGHEID AMEN AMEN AMEN.EN AS ENIGE IEMAND VOEL HY OF SY WIL NET MET IEMAND GESELS JULLE KAN MY ENIGE TYD SKAKEL EK IS NIE N SIELKUNDIGE NIE MAAR EK PROBEER N KIND VAN DIE HERE WEES WANT DIT IS DIE WEG DIE WAARHEID EN ALLES DAARBY.
    0766858394

    Comment by WIETS — August 5, 2010 @ 11:50 am | Reply

  26. HALLO, EK VRA DAT ALMAL VIR MY PA SAL BID WAT BINNEORT ‘N DERMOPERASIE MOET ONDERGAAN. HY HET AL DIE KRAG, ONDERSTEUNING EN GEBEDE NODIG.
    DESIREE GROETE

    Comment by DESIREE CLOETE — August 14, 2010 @ 7:31 pm | Reply

  27. Goeiemore almal mag God se liefde met julle almal wees ongeag wie of wat jy is-onthou altyd jy is n spesiale kind in God se hand Hy sal jou nooit teleurstel nie.Glo met jou hele hart en siel aan jou God van nou af tot altyd.Amen.
    Liefde groete.
    Wiets.

    Comment by WIETS — August 16, 2010 @ 8:31 am | Reply

  28. Hi

    Ek het al julle boodskappies gelees en ek wil net vir julle vannaand styf vashou en vir julle se moenie worry nie dit sal weer beter gaan. Soek net julle hulp en al julle krag by Hom wat my en jou elke dag dra op ons lewenspaaie.

    Ek is oneindig lief vir julle en ek ga vir julle bid soos nog nooit te vore nie en dit belowe ek.

    Soek elke dag julle geluk, julle werk, julle krag, julle rykdom en alles wat julle harte ooit kan begeer, uit Sy Hand uit.

    Hy is die enigste een wat dit kan gee, en as julle elke dag sy aangesig opsoek in diepe afhanklikheid soek sal Hy julle al julle begeertes toevoeg.

    Dit is Sy belofte aan jou en my, kom ons neem dit met albei hande en he Hom oneindig lief.

    Lewe net vir Hom doen alles wat jy doen asof jy dit vir Hom doen en asof dit jou laaste keer is wat jy die kans sal kry, moenie afskeep nie onthou HY is ons Jesus. Amen Ek is net so lief vir julle julle is almal spesiaal julle is Sy kinders ne ek belowe!!!!!!!!!

    Comment by 'n Kind van ons Vader — August 21, 2010 @ 7:09 pm | Reply

  29. Almal wat nog twyfel daar is net een GOD glo net jy sal verbaas wees glo my.
    Wietsa

    Comment by WIETS — August 23, 2010 @ 8:14 am | Reply

  30. Hi. Ek het n besigheid in johannesburg. ons is bloodgestel
    Aan gewapende rowe. Ons is reeds twee keer geroof. Bid asb
    Saam met ons dat die skuldige mense vasgetrek en
    Ontblood word. My personeel is erg getroumatiseer. Asb
    Bid saam vir beskerming. Baie dankie

    Comment by rina — October 5, 2010 @ 11:11 pm | Reply

  31. hi lulle, sjoe daar is so baie probleme veral financially, my man was amper 2 jaar sonder werk, hy het nou ietsie gekry- prys God, maar hy is glad nie happy met dit nie, bid asb dat Jesus in sy hart sal werk, dat hy probeer om net vas byt, ons het al so swaar gekry.

    Comment by lerina — October 28, 2010 @ 12:51 am | Reply

  32. goeie naand ek is so bly dat ek die site ontdek het ek gaan deur ‘n moelik tyd my ma se werk plek maak toe en dan sy sonder werk en ek worry oor my ma ek bly tans by my vriendin ek werk maar kry nie baie geld nie so kan nie ‘n plek vir my en my ma saam kry nie. asb kan julle dalk vir my bid en ek is baie depressie op die oomblik. dit sal help en sal dit waardeur as julle vir ons kan bid. dankie lekker slaap

    Comment by Isabel Basson — November 11, 2010 @ 11:56 pm | Reply

  33. Spesiale gebede vir almal God se rykste seeninge.Moet nie moed verloor nie maak jou probleem n Gods saak glo my dit werk.
    Wiets

    Comment by WIETS — November 12, 2010 @ 7:49 am | Reply

  34. Loof die Here o my siel en alles wat in my is, Sy Heilige Naam!! Ek vertrou volkome op die Here dat hy ons familie se probleme sal oplos. Baie baie dankie Jesus.

    Comment by Amey — November 28, 2010 @ 6:02 pm | Reply

  35. Hallo almal, hoeveel van ons pleit en bid vir finansiele uitkoms, ek gaan juis weer more om die skool te sien, 3 kinders op hoërskool is nie malik nie. Bid asb saam met my, danksy my bonus kan ek handboeke koop, ek voel party dae so moedeloos, en het julle krag van gebed nodig.

    Comment by lerina — December 6, 2010 @ 11:12 pm | Reply

  36. My gebed aan julle almal is dat God julle ryklik sal seën, volgens Sy wil. Moet nie altyd vir ‘n oop deur soek nie, partykeer is daar ‘n oop venster.

    Comment by lerina — January 1, 2011 @ 11:38 pm | Reply

  37. DANKIE ONS ALMAGTIGE GOD-VADER-SEUN VIR ALLES WAT EK HET,DANKIE DAT EK TOT U KAN BID SEEN EIDER EN ELK WAT U NODIG HET IN DIE NAAM VAN ONS ALMAGTIGE GOD VADER SEUN EN HEILIGE GEES.
    AMEN AMEN AMEN

    Comment by WIETS — January 3, 2011 @ 8:09 am | Reply

  38. Dankie Here, vir U genade, dankie Jesus vir U bloed, dankie dat U na ons smekinge luister, en antwoorde gee op U tyd, en nie volgens my wil nie. Vrede aan almal wat die web besoek.

    Comment by Lerina — February 15, 2011 @ 9:39 pm | Reply

  39. Dankie vir hierdie web Hou aan met die goeie werke laat julle lig nog helder skyn. God sien en hoor, Sy arm is nie te kort of te lank nie en Hy is oor en bo-oor julle almal geseende nagrus

    Comment by Christa — February 26, 2011 @ 10:56 pm | Reply

  40. Goeiemore aan almal vir die wat gebede nodig het en die wat net die Here se naam wil prys-glo net in God glo my alles is alles alreeds in plek.Dit is wonderlik om die Here te dien.Net gedagte die noomblik as jy as mens voel daar is letterlik niks oor in die lewe nie,dan is dit die naaste aan wat jy wil ervaar met vreugde liefde selfversekerd kom lig daai kop en kyk vas met JESUS OOG EN HART as jou leier.KOM almal go 4 it.
    Wietsa

    Comment by WIETS — February 28, 2011 @ 8:54 am | Reply

  41. Graag wil ek versoek rig om asb vir ons te bid, Bid asseblief saam met ons, ons besigheid gaan deur ‘n baie moeilike tyd en dit voel of alles uitmekaar wil val.
    EK VRA DAT U ASB VIR MY MAN SAL BID SODAT DIE HERE SY LEWE SAL VERANDER EN SODAT HY SY WERK SAL KAN DOEN VOLGENS DIE BESTE VAN SY VERMOEENS!! Wil ook graag bid dat dit waarmee hy besig is op die webwerf (hy sal weet) sal laat gaan, dit is nie goed vir ons huwelik en ons toekoms nie. Ek het absoluut ‘n wonderlike dierbare, lieflike man en is so oneindig lief vir hom. Ons kan nie bou op ‘n toekoms saam as dit so aangaan nie. Here gee ook asb vir my die nodige krag om dit te verwerk, en te kan vergewe. Laat ons lewe saam met ons kinders ook net nuwe hoogtes bereik en dit wat op ons paaie verkeed gegaan het weer heel gemaak sal word. Spesiale besluite wat geneem moet word om 12h00 vandag en ek vra dat julle ons sal opdra in gebed.
    Prys die Here se wonderlike Naam. AMEN

    Comment by Ronel — March 7, 2011 @ 11:13 am | Reply

  42. Ronel ek glo vertrou dat ons Vader jou smekinge hoor. Ek bid saam met jou, en vir almal wat finansieël verlore voel, ek weet wat dit is, glo bid en vertrou.
    Vertrou jou man toe aan God, pleit Jesus se bloed oor hom.
    Ek was ook al daar, Glo net, en spreek hom vry in Jesus Naam.

    Comment by Lerina — March 8, 2011 @ 9:58 pm | Reply

  43. Ek wil vandag vandag n versoek rig dat u asb vir my man sal bid hy sit al meer as n jaar sonder werk omdat die instansie vir wie hy gewerk het ontbind is.Hy is 56 in hoogs gekwalifiseerd met n Phd in Inginieurswese maar sy ouderdom tel teen hom . Ek wil die Here smeek om vir hom n uitkoms te bied hy was meer as n week terug vir n onderhoud maar sal eers volgende week hoor of hy die pos gekry het . Ons het die krag van gebed so bitter nodig .Kobie

    Comment by Kobie Lottering — March 23, 2011 @ 4:16 pm | Reply

  44. Ek vra aan almal om vir my te bid. My hart en siel is leeg…. Ek wil graag lewe weer geniet

    Comment by Francoiette — March 24, 2011 @ 11:14 am | Reply

  45. Hi Francoiette alle seen en baie liefde in die genade van ons almgtige VADER van nou af tot in alle ewigheid,ek bid spesiaal vir julle vir alles wat julle nodig gaan kry en nog meer.Amen

    Comment by WIETS — March 24, 2011 @ 3:57 pm | Reply

    • Baie Dankie Wiets…. Dit beteken baie vir my… Ek verlang vreeslik na n ligte Hart….

      Comment by Francoiette — March 24, 2011 @ 4:04 pm | Reply

  46. Ek wil graag vandag vir almal bid wat seer en mismoedig is. My hart is so seer om te dink daar is soveel ongelukkigheid. Ek vra dat die Here ons krag sal gee om voort te gaan en sy NAAM te prys. Ek oop dat almal n lekker dag sal he… Groete

    Comment by Francoiette — March 29, 2011 @ 9:27 am | Reply

  47. Aan elke een wat n spesiale gebedjie wil ontvang,ontvang dit nou met al die LIEFDE,GENADE,GESEENDE IN JESUS NAAM van nou af tot in alle ewigheid.God het ons almal lief en ons is so spesiaal vir Hom ongelooflik om te dink ons is so uniek daar is net een van onsself in die wereld kom almal staan op en juig want die Here jou God is met jou. Amen

    Wiets
    0788 502813

    Comment by WIETS — March 29, 2011 @ 10:14 am | Reply

  48. Aan elkeen wat finansieël moeg gespartel is- werp jou bekommernis op Hom wat JOU vrygemaak het. Seën vir elkeen van julle.

    Comment by Lerina — April 11, 2011 @ 9:19 pm | Reply

  49. Wat n wonderlike gebed!!! Ek bid al so baie lank vir my man, hy het n drankprobleem wat alles sommer deurmekaar maak. Diegene wat nie so n probleem het nie weet nie wat ons vrouens deurmaak nie. Ek weet daar is krag in gebed daarom vra ek om asselief vir hom te bid!!!! As hy nie gedrink is nie is hy die wonderlikste man. Ongelukkig kan ek hom nie met n vriendin bespreek nie, dan skinder ek mos van hom, ek is baie lief vir hom en bid net dat daar n verandering sal intree. Ek het alles al probeer en uitgevind hoe om hom te help, maar hy wil niks weet nie. My hart is vanoggend baie baie seer, dae soos hierdie weet ek nie watter kant toe nie. Elke dag is n ander dag en daagliks kom my krag van bo en die Here Jesus se genade is baie groot. Aag Here U alleen weet wat in my binneste omgaan, ek bid dat my man met U sal bemoeienis maak en vernuwe, so bid ek ook vir ieder en elkeen wat hartseer is, Jesus ek dra elke individu se probleem aan U op. Amen

    Comment by Precilla — May 17, 2011 @ 10:11 am | Reply

  50. Ek bid vir Almal wat nie meer kan nie, nie meer wil nie. Vertrou net op God, please. My buurvrou het probeer selfmoord pleeg, my hart is so seer. Bid vir almal wat nie meer weet nie. Ek was ook daar.

    Comment by Lerina — May 19, 2011 @ 10:37 pm | Reply

  51. My hart is so seer vir almal wat so bedruk en mismoedig is. Ek voel vandag so bedruk en my hart wil skeer. Ek voel asof alles net te veel begin raak en ek het net nie meer krag nie. Ek mis my ex-man so baie vandag. Dit maak so seer om te weet ek is nie meer sy vrou nie. Ek probeer aan beweeg maar dis net te moeilik vir my. Raak dit ooit beter?

    Comment by Francoiette — May 30, 2011 @ 11:06 am | Reply

    • Francoiette ek glo nie dit word beter nie maar omstandighede word dalk beter. Ek kan nie se ek weet hoe jy voel nie elkeen voel anders maar ek kan se ek weet waar deer jy wel gaan. Dis baie seer en ja veral as jou eks sommer dadelik weer getrou het en nie eens een oomblik terug kyk nie. Ek kan net se hou moed en kyk net na bo Hy is goed vir ons eny het wel sy doel met elkeen van ons al wil ons dit nie glo nie. Ek vra ook hoekom moet mens so seer gemaak word maar ja Hy het sy plan met my en jou. Eendag is dit 5 tree voorentoe en die volgende dag 10 terug, maar ons kom voor uit maar dit vat net tyd en geduld. Sterkte!

      Comment by Heila — July 21, 2011 @ 9:55 pm | Reply

  52. Jip Francoiette dit raak beter nee wag dat ek oor begin dit raak wonderlik fantasties ek was daar glo my sjoe so af swak jy noem dit gevoel.Net een ding geloof ten alle tye en dan baie belangrik dit is jou kuese wat jy daaraan gaan doen.Glo my hoe langer jy dit wil ervaar dit is jou bepalinge maar die wereld gaan aan.Onthou net een ding vir altyd elke mens op hierdie aarde is uniek maak nie saak wie of wat nie en Jy net soos ek is n baie spesiale mensie vir GOD glo dit maar weet dit maar en leef dit maar.Glo in jouself bele in jouself bederf jouself lag vir jouself doen dinge vir jouself kom daar is baie unieke mense wat jou wil leer ken Jy maak jou eie deure toe kom maak oop girl and u go 4 it.Kyk met God gerigte doelwitte.

    Comment by WIETS — May 30, 2011 @ 11:31 am | Reply

  53. Jitte dankie Wiets…. Jy sal nie glo hoe dit my help nie…. Mag God jou seen vir die goeie mens wat jy is!!

    Comment by Francoiette — May 30, 2011 @ 11:45 am | Reply

  54. BID ASB VIR MY EN MY FAMILIE ONS HET OMTRENT ALLES IN ONS LEWE VERLOOR ONS WERKE ONS MEUBELS EN ONS HUIS , DIE KINDERS KRY DIE SWAARSTE OM TE SIEN DAT ONS ,ONS GOED MOET VERKOOP OM AAN DIE LEWE TE BLY ,EK BID DAT DIE HERE ONS NET GENADIG SAL WEES DAT ONS WEER DIE SON SAL SIEN SKYN EN DAT HY ONS NOOIT SAL VERLAAT NIE ,SODAT ONS WEER KAN OPSTAAN EN VORENTOE GAAN EN WEER BO SAL UITKOM .DANKIE EN GROETE CHARMAINE

    Comment by CHARMAINE — June 7, 2011 @ 9:16 am | Reply

  55. Hi Charmaine.. Ek bid vir julle!!!!!! Groete Francoiette

    Comment by Francoiette — June 7, 2011 @ 9:34 am | Reply

    • DANKIE FRANCOIETTE ONS WAARDEER DIT ONS HET DIT BITTERLIK NODIG
      CHARMAINE

      Comment by CHARMAINE — June 7, 2011 @ 11:13 am | Reply

  56. Gods se rykste seeninge oor julle as gesin baie liefde en al ons gebede na julle.

    Comment by WIETS — June 7, 2011 @ 12:03 pm | Reply

    • DANKIE WIETS JY WEET NIE WAT DIT BETEKEN VIR ONS NIE

      GROETE
      CHARMAINE

      Comment by CHARMAINE — June 7, 2011 @ 4:08 pm | Reply

  57. Dis so lekker om te weet daar is nog soveel mense wat vir mekaar kan bid en omgee. Dit gee my sommer nuwe krag. Die Here is so goed!!

    Comment by Francoiette — June 7, 2011 @ 4:25 pm | Reply

  58. Charmaine, sjoe my gebede is met julle. Ons Vader hoor jou smekinge, glo my. My man was 2 jr sonder werk, die besigheid is gelikwideer, ons het ook ons goed sien gaan, verpand, ons is van skuldberading na bankrot, 3 weke gelede. Dit was ERG, maar ek glo en wil hê jy moet
    saam my glo, God is in beheer!

    Comment by Lerina — June 7, 2011 @ 9:23 pm | Reply

  59. Liewe Francoiette. Ek het jou briewe gelees en voel saam met jou oor jou verlies en pyn. Jy moet een ding onthou.” Alles werk ten goede mee vir die wat Christus lief het” Jou vreugde le in Hom en geen mens kan jou gelukkiger maak nie. Maak jou begeertes aan Hom bekend verdiep jou in sy Woord. Ja ek weet dit is nie maklik nie maar met God se hulp kan jy oorwin en oor paar jaar sal jy terug kyk en se; dit was die moeite werd! Ons almal gaan een of ander tyd deur slegte goed, ek het ook! maar my hoop is nie vir hierdie lewe nie maar vir die belofte van n ewige lewe met God. Hou aan dien God Hy stel nie teleer nie en dra ons in alle tye. MYRTLE

    Comment by myrtle — July 10, 2011 @ 8:01 pm | Reply

    • Hi Myrtle.
      Baie dankie vir jou boodskap. Dit beteken baie vir my. Dit klink of jy ook deur n moeilike tyd is en ek bid vir jou. Die lewe is maar baie moeilik en ek stem saam met jou, ek leef ook net vir die ewige lewe saam met ons Verlosser. My siel voel dood en ek het net nie meer die lus vir lewe nie. Ek is nie gelukkig nie maar oor nie hartseer nie….ek voel niks nie. Ek voel so leeg en stel in niks belang nie. Ek is ook maar op my eie en wil nie eers meer dinge saam met my vriende doen nie. Ek bid net dat God my sal help want ek voel vreeslik verlore. Ek voel skuldig omdat God my seen om nog hier te wees en ek glo Hy wil graag he ek moet nog die mooi in die lewe sien maar ek sien dit nie. Alles is soveel moeite.

      Comment by Francoiette — July 25, 2011 @ 9:07 am | Reply

  60. Goeiemore almal net vir almal se julle moet n wonderlike dag beleef en geniet dit elke oomblik.

    Comment by WIETS — July 20, 2011 @ 8:04 am | Reply

    • MY OUDSTE BROER IS 33JR DOOD. MY DOWNSINDROOM BROER VAN 42 JR IS 1JR EN AMPER 3 MAANDE DOOD. EK IS DIE LAATLAM. MY OUERS IS 76JR EN MY MA VERWERK NIE MY DOWNSINDROOM BROER SE DOOD NIE. SY EET NIE, LE BASIES AL AMPER PERMANENT EN WAG VIR DIE DOOD. HA GRAF MOET NABY SYNE WEES. HOE VERWERK ‘N MENS DIT?? EK HET MY OUDSTE SEUN VAN 16JR VIR HUL GELEEN VIR NET ‘N 3DE ASERM IN DIE HUIS. MY HET HOM VERVANG MET MY 2 BROERS. EK BAKLEI ELKE NAWEEK VIR MY KIND VIR NET EEN DAG EN TWEE NAGTE. MY WERK IS ONMENSLIK….. EK IS MOEG. BID VIR MY ASB. BID VIR MY KIND. BID DAT MY MA JOHAN SE DOOD SAL VERWERK EN MY OOK WEER SAL RAAKSIEN? EK IS/WAS TOG OOK HAAR KIND?
      DANKIE
      KARIN

      Comment by KARIN — November 27, 2011 @ 9:12 pm | Reply

      • 28 November 2011 – Dagstuk van Solly Ozrovech sê:

        JY MAG MAAR HUIL

        Johannes 11:33 ” Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan”

        “n baie huise word kinders geleer dat ‘n mens nie sommer oor alles huil nie. Hierdie benadering dat ‘n mens jou emosies moet onderdruk en ‘n front van dapperheid en heldhaftigheid moet voorhou, heel nie gebroke harte nie. Dit onderdruk alleen gevoelens wat tot uiting behoort te kom. Die gesonde uitdrukking van emosies gee vir jou die geleentheid om te ontlaai. En dit is baie belangrik, want opgekropte emosies kan ernstige sielkundige probleme veroorsaak. In die Evangelies lees on telkens van tye to Jesus Christus emosioneel geword het. Ons lees dat sy gemoed vol geskiet het toe Hy Maria sien huil het; dat Hy die skare innig jammer gekry het; dat Hy gehuil het. Met die reiniging van die tempel sien ons dat Hy onsteld geraak het. Christus het sy emosies gewys op ‘n gesonde manier, en ons mag ook. Emosies moet egter altyd opbouend wees, selfs woede. Indien jy nog nooit woedend was nie, is dit te betwyfel of jy ernstig voel oor die onreg wat teenoor onskuldige mense gepleeg word. In tye van droefheid is die uitdrukking van smart en verlies deur trane ‘n balsem vir die gemoed. Dit is geen skande of teken van ongeloof wanneer ‘n Christen huil by die graf van ‘n dierbare nie. Jesus self het by ‘n graf gehuil. Laat Hom toe om jou trane af te droog.
        Gebed: Ek het U hartlik lief, o Heer. Ek span al my emosionele krag in tot u heilige diens.”

        Uit die boek van “God se Genade is Genoeg” van Solly Ozrovech

        Comment by Yolande — November 28, 2011 @ 8:26 pm

  61. Goeie naand almal. Ek is nuut en wil graag ook deel van hierdie bid groepie wees. Ek kan ook vannaand met ‘n blye hart getuig, ons God is groot en net die beste, 2jaar terug was ek onder en verpletter en my Pappa daar bo was die hele tyd met my en net goed vir my. Ek is in die tyd geskei ek het nie werk gehad nie en my ex was ook werkloos, hy het na 6maande werk gekry en ek na ‘n jaar en van daar af het my lewe net better geword. Ons aanbid ‘n almagtige God. Dankie Vader vir alles en dat U die wat sukkel met seer, by te staan en hulle ook deur al die pyn uit te vat Amen.

    Comment by Heila — July 21, 2011 @ 9:48 pm | Reply

    • HOE RAAK JY DEEL VAN DIE GROEP? EK WIL OOK?
      KARIN

      Comment by KARIN — November 27, 2011 @ 9:14 pm | Reply

  62. Hi HEILA kom girl dit is die begin van nuwe dinge wat oopgaan dit is om jou moet nie dat ou dinge jou terughou nie ,glo in jouself en glo vorentoe.Ek weet dit is moeilik soms maar weet jy wat jy is in beheer van jou emosies en die Here het jou die verstand gegee om dit wat sleg is heeltemal soos heeltemal uit jou sisteem te kry en weet jy wat JY KAN DIT DOEN GLO IN DIE HERE JOU GOD EN DIT IS SO JIP.Jy weet wat ek was daar en ek het bly GLO en DANKIE HERE VIR ALLES EN WAT NOG MEER GEPAARD GAAN MET DIT.Kom ou girl staan uit daardie modder uit op en kyk die lewe vas in die oe jy kan niemand gaan dit vir jou doen net jyself en jy weet diep in jouself kan jy jip.

    Comment by WIETS — July 22, 2011 @ 11:21 am | Reply

    • Hi Wiets dankie vir die aanmoediging mens het dit altyd so nodig. Jip ek het opgestaan uit daai modder ek is nou net besig om dit af te was maar ek glo ek is amper skoon. Ja nee dis nie die moeite werd om aan die slegte tye vas te klou nie, mens het ‘n beter lewe voorentoe…… Ons God is goed vir my en ons. Ek lewe nou net vir my kids en ek sal en wil vir hulle alles gee wat hulle nodig het en baie liefde. Groete

      Comment by Heila — July 23, 2011 @ 8:57 am | Reply

  63. Bid asb saam met ons vir twee ou mense wat nog so hard moet werk en geen medies het nie. Hulle kindes kan nie help nie. My hart breek as ek aan hulle dink want oor tien jaar is ons so oud soos hulle (60+). Koos en Anna gee steeds elke dag en het my kinders al so baie gehelp. Nou kry albei gesinne swaar. Bid dat Vader se seen sal voorsien en dat iemand sal help. Hulle bly op `n klein myndorpie wat besig is om dood te gaan op die oomblik en besigheid kan nie bestaan tensy Vader intree nie.
    Dis nou uit ons oogpunt gesien. Maar Vader sien hulle ten volle versorg en met liefde omring. Hy het reeds voorsien, en wag dalk net op ons gebede.
    Baie dankie vir jou oulike site.
    Karin Loedolff Brooks

    Comment by karin — July 22, 2011 @ 7:41 pm | Reply

    • Ons sal saam julle bid, staan sterk en hou aan ons God se hand vas hy sal julle nooit los nie. Dis baie moeilik sterkte daar vir julle.

      Comment by Heila — July 23, 2011 @ 8:54 am | Reply

  64. Hi almal

    Ek wil net vir julle se ek was laas jaar vir 6 maande werkloos maar ek het nooit moed opgegee nie en ek het bly GLO EN VERTROU OP DIE HERE en ek het weer werk gekry en dit gaan weer goed met my.Alle EER AAN GOD HY IS ALMAGTIG EN VERHEWE
    Bly net positief en moet nooit moed opgee nie.Die website is goed en sterkte vir julle almal.

    Comment by JG Meiring — August 4, 2011 @ 11:05 am | Reply

  65. Hi Almal….
    Ek vra dat julle asb vir my sal bid. Dinge raak net te veel vir my en ek voel of ek net kan opgee.
    By die werk gaan dit so sleg. Dinge is besig om net uit mekaar te val. Ek weet nie meer watter kant toe nie…..

    Comment by Francoiette — August 22, 2011 @ 10:37 am | Reply

    • Francoiette
      Dit breek mens se hart om sulke boodskappe te lees, want jou hande voel self afgekap en weet nie wat om te doen om te help nie. Al wat ons vir jou kan sê is om nie moed te verloor nie, dit voel dalk vandag of jy als alleen moet deurmaak, maar die Liewe Vader is by jou elke oomblik van die dag!! Vertrou al jou sorge toe aan Hom. Glo en Bid net als sal wel beter raak. Ons sal almal vir jou bid vir nuwe krag. By God is niks onmoontlik nie. Hy is so groot en almagtig aan Hom al die eer. Lig jou kop omhoog en kyk met nuwe oë na die lewe. Bid vir julle.

      Comment by Ronel — August 22, 2011 @ 11:07 am | Reply

      • Baie dankie Ronel.
        Ek raak ook baie hartseer vir almal wat deur sulke moeilike tye gaan. Ek bid datons Vader on verlossong asl gee. Ek bid vir julle almal ook……

        Comment by Francoiette — August 29, 2011 @ 1:56 pm

  66. Ag wil net se vir almal daar buite julle is so baie spesiale mensies glo net in julle self en vertrou op die HERE vir altyd.Dit is n plesier om hier te wees.

    Comment by WIETS — August 31, 2011 @ 3:22 pm | Reply

  67. Hi Wiets
    Jy klink altyd so vrolik en het altyd iets positief om te sê. Baie Dankie…… Dit help baie… Wens ek kon dit ook regkry!!!!!!! Dis wonderlik om te weet soveel mense gee om vir mekaar……

    Comment by Francoiette — August 31, 2011 @ 4:16 pm | Reply

  68. Hi ALMAL NET N GEDAGTE VIR DIE NAWEEK JULLE MOET ELKE SEKONDE GENIET WANT EK GAAN- IEDER EN ELKEEN VAN JULLE GRYP DIE MOOI IN DIE LEWE AAN WANT EK GAAN-LEEF DIE MOOI VAN JOU AS MENS NA ANDER UIT MET N OPE GOEIE OPREGTE HART WANT EK GAAN-HANTEER DIE MENSE OM JOU MET DIE LIEFDE WAT NET JY KAN GEE EN NIEMAND ANDERS NIE JIP WANT EK GAAN-EN NOU WENS EK JULLE DIE WERELDSE LIEFEDE EN RESPEK TOE WANT EK WEET JULLE GAAN,GENIET DIE NAWEEK DIT GAAN LEKKER WEES.JIP.

    Comment by Wiets — September 2, 2011 @ 12:21 pm | Reply

  69. Kan ek asb vir almal vra om vir my te bid…. Ek gaan more vir n onderhoud en bid dat ek hierdie werk sal kry. Ek het dit brood nodig en vra asb dat julle my in julle gebede sal hou…… XXX

    Comment by Francoiette — September 26, 2011 @ 3:09 pm | Reply

  70. hi almal ek en my man gaan deur ‘n moeilike tyd ag bid vir ons – finansies, geestelik en sielkundig

    Comment by magda — October 2, 2011 @ 5:25 pm | Reply

  71. Hi almal, Bid asb vir my werk. Die 2 vennote sit die laaste tyd baie vas. Die 1 dreig om op te gee. Hy wil nie meer langer aangaan met die besigheid nie. In totaal sal ons dan ± 50 mense wees wat sonder werk sal sit. Niemand van ons kan dit finansieel bekostig nie. Asb ek weet uit ondervinding dat daar krag in gebed is. Ek voel ongelooflik ver van God maar weet dat God die onmoontlike moontlik kan maak.

    Comment by Christa — October 19, 2011 @ 2:58 pm | Reply

    • Hi

      Lees, bid en huil oor en oor Ps. 23 en jy sal glo en vrede sal oor jou kom:
      1 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my in groen weivelde rus. Hy bring my by waters waar daar vrede is 3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5 U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

      Comment by Yolande — November 4, 2011 @ 9:09 am | Reply

      • Goeiemore julle almal dit is so goed om almal te sien met die bemoedigings na almal en nog meer,en dit is tog die waarheid hoekom wil ons die onmoontlike altyd probeer doen dit is deur en deur bewys laat jou bekommernisse aan of in die HERE se vertroue GLO EN VERTROU net dit is al wat ons moet doen want sien dit werk so as ONS AS MENS lelike goed dink dan kry ons dit(en glo my ek is nie n engeltjie) gaan sit mooi terug en dink by jouself hoeveel keer was jy so bang iets gaan gebeur en dan gebeur dit want ons trek dit dan aan na ons toe ons vra dit dan fisies kom hier ek wag vir dit maar kan niks doen omtrent dit nie sjoe scarry , het dit al met jou gebeur?

        Mooi dag almal en kom dit is tog lekker om te weet elkeen van ons is baie spesiaal en uniek want sien ek is nie jy en jy is nie ek nie.
        Groete
        Wietsa

        Comment by Wiets — November 4, 2011 @ 9:28 am

  72. HOE OORLEEF EK DIE KERSFEES VIR ‘N 2DE KEER? HOE KAN ALMAL VROLIK SING TERWYL MY HART WEEN OOR VERLIES EN VERLIES WAT KOM? MY MA SMAG NA DIE DOOD, NA MY 2 BROERS, WAT VAN MY EN MY PA WAT AGTER BLY? SY EET NIE, SY PRAAT DEURMEKAAR EN VERGEET…. EK WERK ELKE DAG VAN 7 TOT 6 VIR ‘N LOON VAN R3000.00. HOE KAN HUL DIT DOEN AS JY ALLES GEE EN WEET DAAR IS NIE WERK NIE? ELKE SATERDAG VAN 7 TOT 2. EK IS MOEG EN DIE TRANE LOOP TERWYL EK ROEP NA HULP, ONDERSTEUNING!

    Comment by KARIN — November 27, 2011 @ 9:22 pm | Reply

  73. Bid asb dat ek god sal ervaar en aanvaar as my persoonlike saligmaker,en sy krag in my lewe sal besit

    Comment by marilyn fortuin — December 27, 2011 @ 4:26 pm | Reply

  74. Bid asb ve my!

    Comment by marilyn fortuin — December 27, 2011 @ 4:40 pm | Reply

    • Hi,x ook nuut hier,het die site die 27des2011 ontdek x baie bly dat ek ook mense ondek het wat dit nog in die besige lewe belangrik ag om met God te praat,hoop os sal leker saam bid!

      Comment by marilyn fortuin — December 29, 2011 @ 11:45 am | Reply

      • BID VIR MY…..

        Comment by KARIN — January 4, 2012 @ 7:50 am

  75. Bid asb vir my familie, suster.My ma le op sterte, het nog nie haar saak reg gemaak nie, sy suffer baie.Ek wil net he sy moet hom as haar Salig Maker aanvaar.

    Comment by desiree — February 9, 2012 @ 11:05 am | Reply

  76. AG, BAIE DANKIE VIR DIE VOORREG OM U TE NADER, OM SAAM MET BY TE STRY IN DIE STRYD. EK WIL GRAAG VRA OM VIR MY PA [ANDRIES BOOYSEN] TE BID EN GOD TE VRA VIR GENESING, SY HELE LIGGAAM AAN TE RAAK VIR SY OE WAT BESIG IS OM BLIND TE RAAK WEENS DIE SUIKER. VRA VIR GEBED VIR MYSELF [FRANCIS LEIBRANDT] OM STAANDE TE BLY EN VIR MY FAMILIE IN TE TREE. MY DOGTER [LAUREN-MARI LEIBRANDT] WAT RASTAFARI IS, DAT GOD HAAR SIEL SAL RED. VIR MY KINDERS SE PA, [GAVIN LEIBRANDT]DAT GOD SY SIEL SAL RED EN OOK VIR MY BROER WAT NIE IN GOD GLO NIE. [DAVID BOOYSEN] . EK GLO DAT AS ONS SAAM STEM EN SAAM BID AS GEMEENTE SAL WONDERWERKE GEBEUR. DANKIE NOGMAALS VIR WAT U DOEN, EN MOET NOOIT OPHOU OM GOED TE DOEN NIE.

    GOD SEEN U.

    FRANCIS LEIBRANDT

    Comment by FRANCIS LEIBRANDT — February 27, 2012 @ 10:10 am | Reply

  77. My hart is so seer en gebroke vandag!!! Ek het net nie meer die krag om aan te gaan nie. Ek het al die jare nooit besef hoe seer dit mens maak wanneer jou kinders as volwasse getroudes die seer en hartseer van die lewe ervaar nie. Dit maak ons as ouers dubbel so seer. My dogter is nou so paar maane getroud en 7 maande swanger, op die oomblik is daar maar struweling in die huwelik as gevolg van vriende en Familie wat dink hul kan die tweee se lewe oorneem en manipuleer!!!! Dit het toe nou breekpunt bereik waar ons as ouers moes ingryp om ‘n einde daaraan te maak, met baie nadelige gevolge daarna. Die soonseun het nou hierdie wrok teenoor ons en wil haar skei ens ens, en dit net omdat ons wou help!!!! Ek wil asb vra dat almal vir hulle moet bid om deur hierdie situasie te kan kom. Ek vra ook die Here om ons as ouers die nodige krag te gee om hulle die nodige leiding te kan gee en die regte pad te kan wys. Ons almal is so geneig om net vas te kyk in ons eie probleempies en sien nie ander se seer daarbuite raak nie. Ek bid graag vir ieder en elkeen van julle. EK dra ook my kinders en my wonderlike lieflike man in gebed op aan U Here, behoed en bewaar hulle en gee asb vir hulle die regte rigting wyser Here. Kinders is so spesiale gawe van Bo en ons moet hulle almal geniet terwyl ons kan hulle is net geleen aan ons. Gaan asb saam met Natascha in hierdie laaste paar weke van haar swangerskap en dat alles goed sal afloop met die geboorte en dan wil ek ook spesiaal vir Martin my seun bid, dat u hom sal versterk en die nodige krag en leiding en insig sal gee, Seen asb hul huwelik Here dat die probleme opgelos kan word met U hulp en krag. Gaan ook so saam met ons ouers heel hulle in gesondheid asb. God is met julle almal. liefde groete.

    Comment by Ronel — March 7, 2012 @ 12:29 pm | Reply

  78. Dis ook my haetsbegeerte om ‘nware gebedsgees te ontwikkel. Hierdie gebed is baie waar en roer my hart.

    Comment by pieter — June 29, 2012 @ 6:50 pm | Reply

  79. Gebed en kommunikasie met God is my petrol vir die dag. Gesalfdes van God wees geseen.

    Comment by Stephen — August 30, 2012 @ 6:45 am | Reply

  80. Alle maar alle eer aan net een almagtige God van die begin tot en met die einde plat was ek nou staan ek met n lag elke dag op,vir die daar buite GLO NET EN GLO IN JOUSELF DAAR IS NET EEN SOOS JY EN DIT IS UNIEK.
    Wietsa

    Comment by Wiets — August 30, 2012 @ 8:00 am | Reply

  81. Ek is al so moedeloos en vannaand het ek op die KRAG VAN GEBED AFGEKOM , eK WIL VRA OM ASB VIR MY TE BID MAAR OOK VIR MY GESIN EK IS TANS SONDER WERK EK KRY NIE WERK NIE EN FINANSIEEL HET EK DRINGEND WERK NODIG EN DAN MY EEN SEUN IS OOK SONDER WERK MAAR HY GAAN DEUR N MOEILIKE TYD NET NIKS WIL REG LOOP VIR HOM NIE BID DAT DIE REGTE PAD VIR HOM GEWYS KAN WORD EN EK SODAT EK KAN WERK EN MY GESIN KAN ONDERHOU NOGMAALS DANKIE DAT EK OP DIE WEB WERF AFGEKOM HET
    MET DANK EN GROOT WARDERING
    FLORENCE

    Comment by FLORENCE — September 12, 2012 @ 8:31 pm | Reply

  82. More almal, ek was ook vanoggend moedeloos en het op julle afgekom. Bid asb vir my. Baie dankie

    Comment by Johan — September 30, 2012 @ 6:08 am | Reply

  83. Ek word voorgestel die 4 Nov 2012 en moes n gebed oor Moed kry om te bid….toe ontdek ek die “site” Nicole

    Comment by Nicole Nienaber — October 19, 2012 @ 7:30 am | Reply

  84. EK voel vandag besonder terneergedruk en moedeloos. Dit voel net of alles net in duie wil stort en net nie wil uitwerk nie, weet ons moet positief wees. Graag wil ek in gebed net die volgende opdra aan U, O God want aan U kom al die eer toe. My man wat volgende week moet gaan vir handoperasie, dat u geneesing sal bring en hom vinnig sal herstel. Dat u asb ons besigheid sal seen en alles sal vermenigvuldig Here. Aan my dogter wat nou gehoor het sy is swanger dat haar swangerskap goed en gesond sal wees en dat baba veilig sal wees. Here gee my asb die nodige krag om die troue wat in Desember plaasvind dat alles goed sal afloop en dat die finansies geen opsie sal wees tot kommer nie. Here gaan ook so saam met al my ander kinders, wat altyd in stryd is met mekaar, dat alle onderonsies tussen hulle uitgesorteer sal word Here. Gaan ook so saam met elkee een van ons dat dit goed sal gaan met ons almal se werke. Baie dankie vir elke dag wat ons vars lug kan inasem, dat ons gesond kan opstaan en altyd U kan eer. Here gee my asb die nodige krag en sterkte om ten alle tye ‘n goeie moeder vir my kinders kan wees en ook ‘n goeie vrou vir my man kan wees, dat ek altyd ‘n voorbeeld vir hulle kan stel. Gaan ook so saam met Charmene, war sy gedoop sal word Sondag en dat haar ouers die belangrikheid daarvan sal besef en haar vir U sal opvoed ten alle tye en daarvolgens sal lewe. Dankie Here vir die wonder van die lewe, ons seen U vir dit en alle voorregte wat ons net so mildelik aanvaar. Gee ons ouers die nodige gesondheid Here. Here help my om elke dag vir U te kan lewe en te eer. Amen

    Comment by Ronel — October 29, 2012 @ 12:10 pm | Reply

  85. Vandag het ek ook Gebed “gegoole”….. ek is raadop moedverloor se vlakte …. My besigheid is op n afdraande…. met n SPOED… en dit deur mense wat produkte by my gekry het en die geld uitgeleef het, en my nie betaal nie. R200 000. dit voel of ek bid en bid en God my nie hoor nie en toe lees ek ok nog Ps 28…En daar besef ek ek IS in die kuil.My kuil voel so diep en donker

    As ek net n kwart van die skuld kan inkry is my kop deur. Kan ek my werksmense betaal en ander rekeninge betaal. My kuil voel so diep en donker
    Dankie Vader ek het ook hier gekom om te kan besef ons kan en MAG (MOET) vir mekaar bid,ook die wat teen ons sondig.
    Vrede in God ons Vader vir hierdie Kersfees.
    Santjie

    Comment by santjie — December 21, 2012 @ 3:57 pm | Reply

  86. sal julle my asb elke op e pos stuur

    Comment by Jeremia — December 28, 2012 @ 5:34 pm | Reply

  87. Ek voel baie geraak deur almal se gebeds versoeke,ek vertrou dat Jesus julle sal gee die begeertes van julle harte.Aan almal wat depresief is,ek weet hoe dit voel,moedeloos,magteloos,nikswerd maar jy is presies die teenoorgestelde van al dai.Ek is n 29jare enkel ma en het al deur baie gegaan,selfs selfmoord probeer.Ek is van 2jaar af al gemolesteer en 3 keer verkrag.ek het menigmale gevoel i was born to be used.My ma was daar maar sy was ook nie daar nie,sy het my nooit bygestaan nie.altyd gedink aan wat die mense sal se maar min het sy gedink aan die skade wat sy in my lewe verig.Ek is baie lief vir haar en gee om vir haar tenminste van als.Ek het vir meer as 25jaar n selfbeeld probleem gehad,maar 2 jaar terug het Jesus my pad langs gekom en als kom heel gemaak.ek dink nog baie aan my verlede maar met trane van blydskap,n blydskap omdat ek verlossing gekry .Bid ook vir my ma want na als het sy n drank probleem.

    Christine

    Comment by christine — January 22, 2013 @ 1:01 pm | Reply

    • ag

      Comment by martin van vuuren — March 11, 2013 @ 11:16 am | Reply

    • Christine

      Comment by martin van vuuren — March 11, 2013 @ 11:25 am | Reply

    • ag Christine, Jesus hou ons alamal bymekaar in liefde. ek sukkel om vir terug te laat weet met die rekenaar. my seun 28jaar sit ook met seer in sy lewe, het nog nie iemand spesiaal nie.

      Comment by martin van vuuren — March 11, 2013 @ 11:28 am | Reply

  88. Hi almal, die Skepper God is groot en wonderlik!!! Besig om boek saam te stel oor gebed(Soos bloeddruppels)3de geestelike boek. Ek is opgewonde oor dit waarvoor ek tans gebruik word. Bid asb. vir insig en wysheid om die waarheid by mense te kry. JM van Vuuren

    Comment by Jm (martin) van vuuren — March 8, 2013 @ 3:16 am | Reply

  89. Vanmiddag kom ek met ‘n stukkende hart vir julle vra om asb vir Hennie Leonie en die seuns op te dra aan GOD.

    Kan jy asb vir my die gebedsveroek uitstuur. Dis terugvoer oor Hennie Groenewald wat verlede jaar gediagnoseer is met Lomfoom kanker.

    Hennie is verlede jaar op 23 Mei gediagnoseer met Limfoom Kanker. Hierdie gesin is op ons gebedslys en terugvoer word gegee soos ons dit ontvang. Hennie sou in November verlede jaar ‘n beenmurgoorplanting gekry het, wat reeds geskeduleer was en toe afgestel was want die skenker se selle was nie “gesond” genoeg nie. Ons het onmiddelik begin soek na ‘n nuwe skenker wat ons wel gekry het. Hennie het deurentyd Chemo terapie ontvang. Die laaste 15 dae het hy ook bestraling ontvang vir ‘n gewas wat in sy linker arm ontdek is en baie pyn veroorsaak het. Hy sou vanoggend weer met Chemo begin het vir 21 dae en daarna sou die beenmurgoorplanting gedoen kon word. Hennie moes egter vanoggend die slegte nuus ontvang dat die behandeling geen uitwerking op die gewas gehad het nie. Hy is huistoe gestuur en geen verdere behandeling is in beplanning nie.
    Ek vra dat julle asb vir Hennie Leonie en hulle seuns Stefan en Dewald in jul gebede sal hou. Hulle was so positief en die dr het hulle soveel hoop op ‘n volledige herstel gegee. Hierdie mense se harte is stukkend. Ek vra dat ons hulle sal dra deur ons gebede. (Namens Elsabe)

    Comment by Ronel — March 11, 2013 @ 2:40 pm | Reply

    • Ronel kan jy my asseblief kontak by 076 741 9745.
      Ons bid saam met julle.

      Comment by Santjie — March 11, 2013 @ 3:11 pm | Reply

      • Ronel, kan jy my skakel asseblief? ek wil weet hoe gaan dit by julle? Ek het jou nommer verloor….

        Comment by santjie — April 22, 2013 @ 9:03 am

      • Hi Santjie
        Hennie het toe die stryd verloor teen kanker, maar glo dat hy definitief op ‘n baie beter plek is en sonder enige pyn. Dankie vir almal se gebede.

        Comment by Ronel — May 21, 2013 @ 11:17 am

      • Hi Ronel
        Jammer om dit te hoor…… vir die wat agterbly is dit altyd swaar. MAAR Hennie het reeds sy Wedloop voltooi. hy is op n beter Plek.
        Sterkte……

        Comment by santjie — May 21, 2013 @ 11:31 am

  90. Asb ek het krag nodig vi ons gebed dat my man werk kry hy stuur cv uit ma kry nie terug voering. Ons het meer krag nodig want wa twee en meer is da is God. Baie dankie

    Comment by Sonja de Kock — April 21, 2013 @ 6:33 pm | Reply

    • More ons bid saam met julle……Glo en Hy sal voorsien ….. Glo my ek WEET. nie altyd soos ONS wil nie maar hy is getrou…………

      Comment by santjie — April 22, 2013 @ 9:01 am | Reply

    • Ek Bid Vir Julle Sonja!!!

      Comment by Francoiette — April 22, 2013 @ 1:33 pm | Reply

  91. Asseblief…… Bid vi my ma…n ysterhek. Het dinsdag op haar geval…. 7ribbes ,borsbeen en n rugwerwel het gebreek….sy het baie pyn…ribbes het in di longe gesteek…… Gelukkig is di dreineringspyp in di linker long vandag uit….. Sy is 69…. Haar naam is Annie Botha……. Ek weet waar ons 2 of meer is antwoord Gog getrou…..Liefde in Jesus Christus…..ons Verlosser……Vader en Vriend…….

    Comment by santjie — June 2, 2013 @ 10:24 pm | Reply

  92. Hi
    Ek en my man het laas jaar die 18de junie 2012 uit gevind ons gan ouers word. Ek was so wat 19weke(5mande) swanger toe ons moes hoor ons baba het al op 4mande op hou grooi en die 30ste september het ons hom veloor. Dis al n jaar trug en ons sukel om weer swanger te raak soms wonder ek wat ek verkeert gedoen het dat die Here my so moes straf?? Ek is n kind van God en glo en vetrou dat ons op sy tyd sal geseen wort met n baba maar vra dat almal asb saam ons sal bid om sterk te wees en nie op te gee nie Baie dankie Isabel

    Comment by isabel — September 4, 2013 @ 11:50 am | Reply

  93. God is liefde en hy sal altyd daar wees vir sy kinders ons moet net aan hou glo in hom en hy sal vir ons baie deure oop maak ek so trots om sy kind genoem te word

    Comment by sarie de leeuw — October 30, 2013 @ 8:08 pm | Reply

  94. EK KOM OOK VANDAG MET N GESKEURDE SEER HARD EK WEET NIE HOE OM DIT TE BESKRUIF NIE DIS SEER EK EN MY BOYFRIEND VAN 5JAAR IS DINSDAG YT MEKAAR MY HART IS SEER ONS HET N PRAGTE DOGTERJIE VAN 9MND EK IS SO LIEF VIR HOM EK HET HOM BY GOD GEVRA VIR SO N WONDERLIKE BOYFRIEND IN MY LEWE EN GOD HET HOM VIR MY GEGEE ALS WAS REG HY HET NET VIR MY GESE HY SIEN NIE WEER KANS NIE DIS SEER EK IS SO LIEF VIR HOM EK BID EN EK GLO EN VETROU OS SAL WEE BY MEKAAR YT KOM EK WIL HE GOD MOET SY HART OPENBAAR EN HOM AAN RAK WAT HET DINSDAG IN SY KOP AAN GEGAAN EK GAAN NIE VIR SATAN SY KRAG GEE NIE OS WAS DIE PARKIE WAT BAIE MENSE JONG MENSE BEGEER HET EK HET HULLE ALTYD NET GESE EK HET HOM BY GOD GEVRA JY MOET AAN HOU BID NOU HKM IS EK VADAG SO MOEDELOOS EK VRA DAT JULLE MY SAL OP DAR IN JULLE SE GEBEDE MY TRANE LOOP VLAK MY HART HET N BRAND GVEVOEL ASB LIEFDE ELIZE

    Comment by Elize — November 14, 2013 @ 4:24 pm | Reply

    • Liefste Elize,

      Moet nooit ophou glo en bid nie. By God is ALLES moontlik. Soos jy se – jy het die man van God gebid – glo my as ek vir jou se as jy met jou hele hart opreg glo en aanhou bid in geloof sal God hom verseker na jou toe terug stuur. Ek praat uit ondervinding. Ek en my man was 21 jaar getroud toe my beste vriendin met hom alreeds ‘n laaaaaaang termyn verhouding gehad het. Ons is toe geskei omdit dit is wat hy wou he. My woorde aan haar was “sy moet onthou die GOD wat ek aanbid laat nie met HOM mors of met SY kinders nie. In geloof het ek vir haar gese dat my man binne 6 maande terug by my sal wees. God het hom aan my terug gegee. Ons is gelukkiger as ooit. Al reeds weer 4 jaar getroud en die verlede agter ons gesit. Aanvanklik was dit moeilik maar ek het God gevra om dit van ons af weg te vat – en Hy het. Alle eer aan God want sonder Hom sou dit nie weer gewees het nie.

      Liefde en sterkte. Hou aan glo en herhinner God aan Sy beloftes in Sy woord. Dit wat jy in geloof van Hom vra sal Hy vir jou gee.
      C.

      Comment by c — November 15, 2013 @ 7:51 am | Reply

  95. LIEFSTE C BAIE DANKIE VIR U BEMOEDIGING EK WAARDEUR DIT OP REG EK SAL NOOIT MOEG RAK OM TE BID VIR HOM NIE JOU VERHAAL LAT BESEF MY NOU GOD IS WERKLIK GOED MY HART BRAND MAAR EK SAL AAN HOU BID EN EK WEET HY SAL GAAN BESEF HY HET N VOUT GEMAAK DANKIE DAT EK KAN WEET IEMAND VOEL SAAM MET MY MY SEER LEKKER DAG ELIZE

    Comment by Elize — November 15, 2013 @ 8:05 am | Reply

  96. Ek bid vir my Pa vanaand, en toevallig kom ek op die webtuiste af. Die dokter se sy hardklop is nie normaal nie en ek sny dit af in die Naam van Jesus Christis ons Verlosser!! Gid bring genesing en ek bid tot my Vader dat hy my Pa gaan genees en dat di pille nie di genesing gaan doen nie. My pa is my regter en linker hand, my hart se punt, my alles! En ja ek kan hom nie verloor nie. Ek vertrou op die Here, want God kom toets ons tydens tye van siekte. Amen.

    Comment by Ruby Cairncross — January 29, 2014 @ 1:41 am | Reply

  97. God se genade en Liefde. Neem my weer onder U sorg, Here, en red my lewe. Help my want U is getrou. Ps 6:5. Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het. Moet tog nie dink aan die sonders en oortredinge van my jeug nie. Dink aan my in U trou, Here, omdat U goed is. Ps 25:6-7. Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor. Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Ps 28:6-7. Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. @s 37:25.

    Comment by Shirley Boshoff — February 18, 2014 @ 6:40 am | Reply

    • Ek bid die Woord saam met jou.

      Comment by Ben — April 28, 2014 @ 3:34 pm | Reply

  98. Hi daar

    My naam is Elsa

    Asseblief help ons familie. Ons het hulp nodig. My man Peter het geld nodig om sy trok reg te maak en ons het finasies nodig vir ons huis en kar anders gaan hulle dit kom haal. Asseblief bid net dat die Here ons al help, want ons het al alles verloor en ons is 5 mense wat in n 1 slap kamer woonstel bly. Ek kan nie meer nie. Ek is moeg. My man is moedeloos en voel soos n loser want hy kan nie vir ons sorg nie. Ek weet die \here sal n uitweg gee, maar bid asseblief dat Hy ons gebede verhoor asseblief. Bid ook vir kos in ons huis asseblief

    Comment by Elsa — September 29, 2014 @ 3:15 pm | Reply

    • AMEN AMEN AMEN

      Comment by Wietsa — September 29, 2014 @ 3:23 pm | Reply

  99. Hi daar,

    MY NAAM IS LIEM!

    Ek en my vrou het n besigheid maar dit gaan nie goed nie, n mens het altyd die probleem van kontantvloei, maar as wedergbore kinders van God glo ons dat die Here vir ons gaan onderneem, elke oggend vra ons Here seen die besigheid, maar die week het ons besluit ons vat die seeninge vir ons in die naam van Jesus, soos David se in Ps 20 sommige glo in perde en strydwaens, maar ons, ons vertrou op die naam van onse God!

    BID VIR ONS,EK GLO DIE HERE GAAN VOORSIEN!

    AMEN!

    Comment by Liem Pretorius — November 18, 2014 @ 2:55 pm | Reply

  100. Hi Liem
    Ek het so drie jaar terug my werk verloor en sukkel om werk te kry toe begin ek my Spaza shop op my erf met n klein hout huisie en dit het so goed gegaan dat ek daai klein hout huisie vergroot het na amper n eenkamer woonstel, en ek verstaan presies wat jy bedoel met kontantvloei dis nie maklik nie maar daar het op my pad dinge gebeur en ek glo dat God het gesorg dat ek n grooter winkel moes maak maar nie vir n winkel nie iemand bly nou in die plekke wat van swaarkry weet en wat so dankbaar is om nou daar te bly so byt vas Onse Vader is groot en geduldig wees hy sal voorsien Sterkte met julle besigheid

    Comment by Florence — November 18, 2014 @ 6:05 pm | Reply

  101. Dankie Florence,, die Here het reeds voorsien alle eer aan Hom!

    Comment by Liem Pretorius — November 19, 2014 @ 3:59 pm | Reply

  102. Goeienaand

    Ek vra asb vir voorbidding op die oombilk gaan dit nie te wel nie maar genade dra ons deur. Ek is u moeder 2 kinders, seuntjie 10jr meisie 7jr op die oomblik is hul pa werkloos vanaf oktober mnd laasjaar ek myself is werkloos. My kinders is altwee op skool en dit gaan baie moeilik om u elkedag u stukkie brood op tafel te sit soms voel dit ek kan net nie meer maar na gebed en gospel liedjie sien ek darem weer uit na die dag van more omdat ek ook bly glo dat in hierdie tyd god ook besig is met woderwerk want deur die storms bly god getrou. Dit gaan nie goed met my en gesin nie ek vra groot asb net vir gebede. God seen

    Comment by Raymary — August 9, 2015 @ 12:21 am | Reply

  103. Dit is so waar soms dink ons God luister nie mar God. Luister we’ll ons moet net geduldig wees God is goed

    Comment by Erica Steinmann — August 17, 2015 @ 6:45 am | Reply

  104. Dit is so waar soms dink ons God luister nie mar God. Luister we’ll ons moet net geduldig wees God is goed !

    Comment by Erica Steinmann — August 17, 2015 @ 6:47 am | Reply

  105. BAIE oulike gebede

    Comment by Michelle Butler — September 11, 2015 @ 1:36 pm | Reply

  106. Goeie dag aan alle lesers, my naam is Franco ek is 21, ek vra ook vandag dat julle saam my sal bid. Ek glo en vertrou dat gebed dra krag. Ek het aansoek gedoen by die TUT universiteit vir Enginering: Mechatronics en is anvaar, ek begin Maandag 1 Februarie met my klasse, ek is klaar deur my twee weke orientasie tydperk en ek het helfde van my boeke kon koop, maar finansieel is daar geen manier wat ek by myself my studiekostes en die res van my boeke gaan kan betaal nie. God vra om spesifieke beskrywing te gee in gebed en daarom gee ek n duidelike beskrywing van my versoek. Ek bid dat ons God almal se versoeke sal neem en oplos saam myne. Bid asb saam met my.

    Comment by Franco van Aswegen — January 29, 2016 @ 12:50 pm | Reply

    • Liewe Franco Jy Moet geloof in die Vader he DAT hy Sal voorsien. Geloof is Dan di vaste vertroue in dit wat ons Ni sien nie. Ons Vader stel ons nooit teleur nie al stel ons hom teleur. Maak OOP jou hart en ontvang God se wonderwerk virjou met geloof in jou hart! Ek gaan deur n baie moeilike tyd ek en my man het saam di Here gedien maar het afvallig geraak. Di afgelope omtrent 5jaar was baie rof. Di drinkery stories van vroumense en alles raak net Te veel. Ek voel ek het gebid geglo en telkemale het di Here my kom wys Hy is nogsteeds getrou. Maar my gebed die laaste tyd is net Here open my man se geestelike ore en oe asb. Gee hom weer n hunkering na u wil en u woord asb my God! Terwille van ons huwelik en ons 2kinders. Here rig sy oe weer op U ook DAT sy besigheid suksesvol Sal wees en DAT hy alles aan u Sal wy. Amen!

      Comment by Fredrika — February 8, 2016 @ 3:59 am | Reply

  107. Groet elkeen in die naam van die Here kom ons bid eerstens vir ons land. Dinge is besig om verskiklik uitmekaar te val. Kom ons bid ook saam vir ons families en vriende.

    Comment by Sophia Coetzee — May 17, 2016 @ 2:07 pm | Reply

  108. Asb bid vir my seun hy is verlam van sy nek af en hy kry longinfeksies en blaasinfeksies.Dit is in en uit die ICU by Mediclinic.Ek ly aan angs van al die spanning.Asb bid vir ons dat God my kind sal genees van al hierdie nare infeksies en hom van nou af heeltemal gesond sal maak en dat hy gesond sal bly.My seun is 24 jaar oud en is verlam vanaf die ouderdom van 14 jaar toe hy n duikongeluk gehad het.Bid asb vir hom sy naam is Eon Pace.

    Comment by CINDY Pace — August 23, 2016 @ 4:34 pm | Reply

    • O Vader, in die naam van Jesus kom ek tot u onder leiding van die Heilige Gees en kom pleit by U, kom bid genesing en seen op die medikasie en toerusting af asook oor die hande van die Medisie wie met Eon werk. U IS en BLY DIE Grootste Geneesheer in die heelal, slaan ASSEBLIEF ag op my pleit en die van Eon se familie en vriende. U se in U woord dat wat ons ookal in U naam bid en glo dat ons dit sal verkry. Hoevele mense het U nie al genees, doen in Jesus se naam dieselfde vir Eon. Vader, versterk asseblief Cindy se geloof en skenk aan haar die krag om net te bly vra, te hoop en te ontvang. Ek bid dit met die pleit van die vergifnis van al ons sonde in die naam van Jesus. Amen, ja Amen.

      Comment by Theuns — September 5, 2016 @ 5:23 pm | Reply

  109. Bid asseblief vir my? Ek het groot probleme en baie hartseer in my lewe op die oomblik. My ENIGSTE uitkoms is God…. Bid asseblief saam met my dat Hy my ouers en my man genadig sal wees……en ook vir my…

    Comment by Janette — October 10, 2016 @ 11:03 am | Reply

  110. God is so groot Prys sy naam mense!!!!!!!!!!!!!!!!!Ek het in 2016 gevra dat u asb vir my seun Eon Pace moet bid vir genesing.God het Eon genees !!!! Dankie Here U is groot en almagtig. Dit gaan baie goed met Eon ons sukkel nog dat hy weer op sy computer games kan speel.Sy arms kan hy oplig maar is nog swak maar ons weet mos wat ons God kan doen.Die internis het Eon se bloed getrek en getoets en alles lyk baie goed. Dankie Here vir U genade en dankie aan Theuns en almal wat vir ons bid. Lief vir julle glo net dokters kan jou behandel maar net God kan jou genees!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Amen
    Cindy Pace

    Comment by Cindy Pace — May 16, 2017 @ 11:05 am | Reply

  111. EK IS LIEF VIR DIE HERE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Comment by Cindy Pace — May 16, 2017 @ 11:07 am | Reply

  112. AMEN EN AMEN.

    Comment by WIETS — May 16, 2017 @ 3:03 pm | Reply

  113. Kan iemand my help asb.ek smeek op my kniee.eks besig om myself te verloor en ek wil bitter graag nie.eks in stukke.kan nie meer nie.eks ook werkloos so kan nie die belaglike kostes van sielkunde fooie bekostig nie.as iemand kan help.laat weet asb.

    Comment by jonathan — June 2, 2017 @ 6:02 pm | Reply

  114. Here, ek bid vir Goddelike ingryping in Jonathan en sy familie se lewens, ek bid vir voorsiening in al hulle behoeftes in die Naam van Jesus U Heilige Seun!

    Comment by Laetitia Pretorius — June 4, 2017 @ 4:41 pm | Reply

  115. Ek het vanoggend uit moedeloosheid net in getik “HERE help my ” en toe op hierdie blad af gekom . Ek is moedeloos . Ek werk vir myself en het ‘n trok waarmee ek skroot aan ry. Ek soek ‘n wa om te haak maar kan nerens gehelp word nie . Die finansiele instellings weier om my te help . Ek het van my orige voertuie verkoop Maar nou sukkel ek om die geld uit die mense te kry en kan nie voort gaan nie . Ek bid vir leiding en hulp maar dit voel ek bid teen die hemel vas .Ek sal egter op my kniee bly staan dan kan ek hopelik nie omval nie. Ek sien egter hier is mense met groter probleme en nou tel ek my seeninge veral dames wat deur hul mans in die steek gelaat word . Dit is so hartseer want hy was veronderstel om sy vrou lief te hê en te beskerm tot die dood toe . Dit breek my hart om dit te sien sal vir julle ook bid .
    Kobus

    Comment by Kobus Booysen — September 26, 2017 @ 8:24 am | Reply

  116. Ek het God so ongelooflik nodig….. Ek sukkel om werk te kry.. Ek weer nie meer hoe om te Bid nie.. Als als loop verkeerd en ek so voel so ongelooflik eensaam… Tog is daar mense wat omgee.
    Ek weet nie meer watter kant toe nie.. Ek kom tot my. tweede soms derde onderhoud dan net weer die teleurstelling waarheen nou waarheen.
    God help my U is n God van wonders ek weet dit is U tyd en nie ons tyd nie gee my asb rustigheid en kalmte waar ek moet skakel vir uitstelling op rekeninge….. Lei aan depressie waarheen waarheen….

    Comment by Rene — November 2, 2017 @ 7:31 pm | Reply

  117. Ek vra sb almal se gebed vandag vir my man wat my so verneder, hy drink baie, raak dan baie baie beledigend en breek my so af, ek is vandag op n laagtepunt asb ek vra almal se gebede. God kan dinge verander. My gebed is met elkeen van julle x

    Comment by Mara Venter — November 7, 2017 @ 1:57 pm | Reply

  118. Ek bid dat ons die liefde en groot plan van ons God sal aanvaar, God tree op wonderlike maniere in. Ek vra vandag vir wysheid om my kinders in regverdigheid en liefde groot te maak. Ek vra vandag dat God my vrou se hardwerkendheid en uniekheid sal raaksien en haar seen. Ek vra vandag dat my 2 kinders, Stephanie en Wynand geseen sal word met die lus en ywer om God te dien en sy woord te lees. Ons is nie ‘n welgestelde gesin nie, maar ons is baie lief vir Jesus en dankbaar vir wat hy vir ons doen en ek weet dat daar geen weg is na die Vader as deur Jesus. Kom ons kyk bietjie op en haal diep asem. Ryklike seenings vir almal.

    Comment by Stefann van Niekerk — November 21, 2017 @ 9:03 am | Reply

  119. Goeie more
    Ek weet nie of ek verkeerd is nie , maar mense wat elke dag braai en drink en altyd net fotos op whatsup en facebook sit , dit irriteer my regtig want ek se dat daai wereldsgoed nie vir hulle in die Hemel gaan laat kom nie . Is ek verkeerd dat ek sulke familie ignoreer ?

    Comment by Patricia — January 22, 2018 @ 10:17 am | Reply

  120. Ek bid dat ek bewaar sal word teen verdere finasiele verlies. Ons is n groot gesin wat graag na n huis wil trek en veilig wees. Ek moet skuld maak en is onseker daaroor. bid net vir god se beskerming oor ons en vir ons vir gehoorsaamheid. Dankie Here.

    Comment by Botha — February 14, 2018 @ 10:49 pm | Reply

    • amen amen amen God is groot!

      Comment by Mara Venter — March 6, 2018 @ 4:08 pm | Reply

  121. Goeie middag almal
    bid asb vir my en my verloofde wat my net soos n hond langs pad afgelaai het. ek weet daar is groot fout in sy lewe want kinders van Jesus doen nie sulke goed. bid asb dat hy sal terugkeer na Jesus en dat sy hart en gedagtes sal verander en my onverskoning kom vra dat ons weer gelukkig saam kan wees. ek kan eenvoudig nie meer nie…op die stadium voel dit of ek nie meer wil lewe. ek smeek elke dag by Jesus en party dae voel dit weer of ek glad nie kan bid nie
    ek het al gedink ek moet hom laat gaan, maar elke keer as ek na Jesus wil gaan om hom te laat gaan, keer iets my en ek weet nie wat nie
    benodig regtig n wonderwerk vanaf Jesus

    Comment by cindy — March 6, 2018 @ 3:30 pm | Reply

    • Cindy, vergeet van daardie man. Gaan lees Hooglied 2 en wag dat die HERE jou ‘n Hooglied man stuur.

      Comment by Johann — June 29, 2018 @ 11:43 pm | Reply

  122. ek weet nie of ek nie reg bid nie en of ek net nie gehoor word nie..ek en my gesin gaan al die afgelope 8 jaar deur ‘n geweldige ernstige storie, dit is soos n nagmerrie wat net nie wil ophou nie.. finansieel is ons so geruineer dat ek nie meer weet watter kant toe nie..planne maak..ag wat is dit..ek is al moeg en suf planne gemaak en niks maar net mooi niks realiseer nie.. ek is so moedeloos en gedaan..ek is so moeg en uitgeput. ek is op om die minste te se..waarheen en hoekom Here vra ek so baie..kry nooit n antwoord nie..of miskien deur my swaar gemoed sien ek nie ‘n antwoord nie..
    asseblief help my om krag te kry..bid asseblief vir my sodat ek my gesin kan red..

    Comment by Sam — October 6, 2018 @ 12:50 am | Reply

  123. GOD SE GENADE IS ONGELOOFLIK GROOT VIR ALAML VAN ONS. PLAAS JOU SORGE VOOR ONS ALMATIGE GOD SE VOETE EN LOS DIT BY HOM. GOD HET MY EN JOU LIEF ONGEAG WIE EK OF JY IS. DIS JUIS WANNER JY ALLEN VOEL DAT GOD JOU DRA. VRA GOD OM NOOIT JOU HAND TE LOS NIE AL LOS JY SYNE SOMS SAL HY JOU NOOIT ALLEEN LAAT NIE. DANKIE JESUS DAT U MY HAND VASHOU DEUR ALLE STORMS. AMEN!

    Comment by Christelle — April 8, 2019 @ 6:36 pm | Reply

  124. Gebed is so belangrik dit deel jou as mens met die ALLERHOOGSTE is dit nie wonderlik nie,Amen

    Comment by wiets — April 9, 2019 @ 7:45 am | Reply


RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Leave a reply to CHARMAINE Cancel reply

Create a free website or blog at WordPress.com.