Let us PRAY

January 30, 2008

ONS EER U, HERE / WE HONOUR YOU, LORD

Begeleier van eensames‚
Verbinder van wonde‚
Soeker van verlorenes‚
Vriend van armes‚
Bron van alle goeie dinge‚
Vergewer van sonde‚
Stem vir die stemloses
Raadsman vir die verwardes
Skuiling teen die storms‚
Skepper van hemel en aarde –
ons‚ vir wie niemand ag nie‚
kom tog ook om U te loof!
Ons aanbid U en eer U‚
al is ons net stof.
amen

—————————————————-

Accompanier of the lonely‚
Binder of wounds‚
Seeker of the lost‚
Friend of the poor‚
Source of all good things‚
Forgiver of sin‚
Voice for the voiceless
Counsellor for the confused
Shelter against the storms‚
Creator of heaven and earth –
we‚ who don’t care for anyone‚
we come to praise you!
We worship you and honour you‚
even if we are only dust.
amen
Ruth C Duck

January 23, 2008

GOD ALMIGHTY / GOD ALMAGTIG

Heilige‚ heilige‚ heilige God‚
heilig is die misterie van alles wat U is.
U is hoër as die hoogste berge‚
U is wyer as die wydste oseaan‚
U is dieper as die diepste dieptes –
daar is niemand soos U nie!

U is groter as die uitspansel wat U gemaak het‚
die heelal kan U nie omvat nie‚
en tog woon u in ons harte …
O‚ daar is niemand soos U nie!

U het ons tot bestaan gedroom
en ons uit liefde gemaak‚
U wil selfs by ons wees.
O Misterie van skeppingsmag en majesteit –
daar is niemand soos U nie!
amen

————————————————-

Holy‚ holy‚ holy God‚
holy is the mystery of everything you are.
You are higher than the highest mountain‚
you are wider than the widest ocean‚
you are deeper than the deepest depths –
there is no one like you!

You are larger than the firmament you created‚
eternity cannot hold you‚
but still you live in our hearts …
O‚ there is no one like you!

You dreamt us into existence
and made us out of love‚
you even want to be with us.
O Mystery of creative might and majesty –
there is no one like you!
amen
Teresa van Ávila

January 20, 2008

HOLY SPIRIT / HEILIGE GEES

Come‚ Lord Jesus‚
work in me‚
kindle the fire of your Spirit in my heart;
keep me close to you‚
let the aroma of your grace intoxicate me.
I am coming‚ Lord‚
let your love be my magnet.
amen

——————————————

Kom‚ Here Jesus‚
werk in my‚
steek die vuur van u Gees in my hart aan;
hou my naby U‚
laat die geur van u genade my bedwelm.
Ek kom‚ Here‚
laat u liefde my magneet wees.
amen
(Augustinus van Hippo)

DIE KRAG VAN GEBED / POWER OF PRAYER

Here‚ vandag wil ek bely
dat U te dikwels vir my
die God-van-die-gapinkies is.
Ek praat met U net oor die dingetjies
wat ek nie self kan doen nie.
Dit wat ek reken binne my eie vermoë lê‚
is nie meer ’n gespreksonderwerp tussen ons nie.
Ook oor werklike groot dinge bid ek nie‚
omdat ek nie altyd meer glo
dat U daaraan ’n verskil kan maak nie.
Daarom kom bid ek vandag net een ding:
dat U my waarlik die krag van gebed sal laat ervaar.
U sal wel weet hoe om dit in my lewe waar te maak.
Ek bid dat ek ware gebed sal proe
en die smaak dan goed sal onthou.
Here‚ ek wil so graag hê dat gebed weer die suurstof
van my geloofslewe moet wees.
Doen asseblief hierdie wonder in my
en in die lewe van my kerk.
amen
————————————————————-

Lord‚ today I want to confess
that all too often you are
the God of the little gaps.
I only talk to you about the little things
that I can’t do myself.
Those things that I think are within my own capabilities‚
are no longer subjects of conversation between us.
About the really significant things I pray no more‚
because I don’t always believe
that you will make a difference to them.
Therefore‚ today‚ I come with only one thing:
that you will let me experience the true power of prayer.
You will know exactly how to make it real in my life.
I pray that I will taste true prayer
and will remember the flavour clearly.
Lord‚ I dearly want prayer to be the oxygen
of my faith.
Please perform this miracle in me
and in the life of my church.
amen
From Prayer: To live close to God From: Gebedeboek vir die lewe (Lux Verbi.BM)

Blog at WordPress.com.