Let us PRAY

December 12, 2007

Welkom‚ o stille nag van vrede‚
onder die suiderkruis‚
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue oue taal.
Kyk selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk‚
toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
ons grootste Kersgeskenk.
Kersfees kom‚ Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land‚ o Heer.
amen

(Koos du Plessis – 1971‚ strofes 1-2 & Jannie du Toit – 2001‚ strofe 3)
(Lied 358‚ Liedboek van die Kerk)

————————————————————————–

Welcome‚ o silent night of peace‚
under the southern cross‚
while voices from the old past
rustle over starry fields.
Christmas comes‚ Christmas comes –
give all glory to God.
Give us a bright summer Christmas
in our country‚ o Lord.
Do you hear the soft tolling of bells
in the centuries old language.
Look even the night’s silence
tells the old story
Christmas comes‚ Christmas comes –
give all glory to God.
Give us a bright summer Christmas
in our country‚ o Lord.
Do you also feel his warm love
as we commemorate the day‚
when He gave us his Son –
our biggest Christmas gift.
Christmas comes‚ Christmas comes –
give all glory to God.
Give us a bright summer Christmas
in our country‚ o Lord.
amen

December 10, 2007

DIE SEUN VAN DIE MENS / SON OF MAN

Here‚ ons planeet Aarde is maar ’n greintjie van die heelal‚
maar U het gekies om hiér gebore te word.
Daarom wil ons dit graag ’n plek maak
waarvan die inwoners nie meer deur oorlog‚ honger‚ vrees‚
en vooroordele van ras‚ kleur en ideologie ten gronde gaan nie.
Here‚ U het gekies om Uself
“die Seun van die mens” te noem.
Gee ons daarom die moed en die krag‚ Here‚
om vandag met dié taak te begin‚
sodat ons kinders se kinders eendag weer
die naam “mens” met trots kan dra.
amen

———————————————————–

Lord‚ our planet Earth is but a grain in the cosmos‚
but you chose to be born here.
We therefore want to make it a place
where the residents don’t perish due to war‚ hunger‚ fear‚
and prejudices of race‚ colour and ideology.
Lord‚ you chose to call yourself
“the Son of Man”.
Give us the courage and strength‚ Lord‚
to start today with this task‚
so that our children will one day
bear the name “man” with pride.
amen
A PRAYER OF THE UN (in the Room of Silence at the Brandenburg Gate in Berlin)


 

December 3, 2007

U ALLEEN

Filed under: Afrikaans, BLOED VAN JESUS, Blogroll, Christelik, Ek is 'n Christen, God, gebede — prayerweb @ 3:23 pm

In U alleen,

heilige Here Jesus,

vind ek vrede en rus vir my siel.

Ek loof u Naam!

 

Blog at WordPress.com.