Mag geeneen van u wonderbare werke
ophou om U te loof nie‚
God van skoonheid en wonders –
nie in die nag nie‚ en nie in die môre nie.
Laat die skitterende sterre‚
die majestueuse berge‚
die onpeilbare dieptes van die see‚
die bruisende golwe‚
die singende waterstrome –
almal losbreek in sang en lof aan U‚
die Skepper van dit alles:
Vader‚ Seun en Heilige Gees!
By die engele voor u troon
voeg ek ook my stem:
Amen! Amen! Amen!
Mag en majesteit‚
heerlikheid en eer kom U toe‚
Skenker van eindelose genade.
Amen! Amen! Amen!
————————————————————-
May none of your wonderful works
stop praising you‚
God of beauty and miracles –
not at night and not in the mornings.
Make the shining stars‚
the majestic mountains‚
the unmeasurable depths of the sea‚
the tumultuous waves‚
the singing streams of water –
all break loose in song and praise of you‚
the Creator of all things:
Father‚ Son and Holy Ghost!
With the angels before your throne
I add my voice:
Amen! Amen! Amen!
Power and majesty‚
glory and honour I bring to you‚
Giver of endless grace.
Amen! Amen! Amen!
(A doxology from Egypt – 3rd Century)