Glorieryke God‚
begenadig my met die deugde wat net U kan gee:
’n nederige‚ vredeliewende‚ geduldige en liefderike geaardheid.
Skenk my ’n ferm geloof‚ ’n vaste hoop‚ selflose deernis met ander‚
en ’n liefde vir U‚ wat my liefde vir myself ver oortref.
Gee my ’n verlange na U‚ nie om daarmee
die pyn van die wêreld te ontvlug‚
of om toegang tot die hemel te verseker nie –
maar suiwer uit liefde vir U.
Here‚ ek bid tot U vir al hierdie goeie dinge‚
maar gee my ook genade om daarvoor te werk.
Amen
(Thomas More – 16de eeu)
—————————————————————————–
Glorious God‚
show me mercy with virtues only you can give:
a humble‚ peaceful and loving nature.
Give me a strong faith‚ a fixed hope‚ selfless love for others‚
and a love for you‚ that surpasses the love for myself by far.
Give me a longing for you‚ not to flee from
the pain of the world‚
or to ensure access to heaven –
but purely out of love for you.
Lord‚ I pray to you for all these good things‚
but also give me the grace to work for it.
Amen