Let us PRAY

June 20, 2007

IN U IS WAARHEID / YOU ARE THE TRUTH

Filed under: Afrikaans, God, Heilige Gees, Jesus, church, emerging church, gebede, prayer, religion — prayerweb @ 11:58 am

O God‚ almagtig‚
o Goedheid sonder einde!
U wat ons almal liefhet asof U elkeen alléén bemin;
en wat ons elkeen insluit in u groot hart‚ wat vir almal omgee‚
dankie dat ek ook vir U mag liefhê …
Here God‚ u woord is die waarheid‚ en die waarheid is Uself.
Ek sien in hierdie wêreld hoe alles‚ alles tot ’n einde kom —
behalwe U‚ o God.
My Vader van eindelose goedheid‚
o Skoonheid bo alles wat mooi is‚
aan U gee ek nou terug alles wat U my gegee het‚
want dan kan ek niks verloor nie.
O God‚ U het ons vir Uself gemaak
en ons hart bly onrustig
tot dit rus vind in U.
Amen

—————————————————————————————

O God‚ almighty‚
o Eternal goodness!
You who love us all as if you love each one individually;
and who includes each one in your great heart that cares for all‚
thank you that I may also love you …
Lord God‚ your word is the truth and the truth is you.
I see how everything comes to an end in this world —
except you‚ o God.
My Father of eternal goodness‚
o Beauty above all beauties‚
I now return everything you have given me‚
for then I will lose nothing.
O God‚ you made us for yourself
and our hearts are restless
until it finds peace in you.
Amen
(August)

June 13, 2007

Filed under: Afrikaans, God, Heilige Gees, Jesus, church, emerging church, gebede, prayer, religion — prayerweb @ 6:44 pm

Uit liefde luister U na al my gebede‚
selfs na dié wat so kinderagtig selfsugtig is
dat ek my later daaroor skaam.
Dankie dat U luister
selfs wanneer my gedagtes vir U belaglik moet klink
en my woorde oor mekaar val.
Dankie dat U my gebede verhoor
— nie volgens my kortsigtige begeertes nie
(want dié sal my maklik in skande en ellende bring) —
maar volgens my werklike behoeftes
(wat uiteindelik diepe vreugde bring).
Dankie‚ o dankie‚ troue Heer‚
dat U Uself vir my gegee het‚
en steeds deur u Gees in en by my bly.
Amen

————————————————————————-

Out of love you listen to all my prayers‚
even those those are so childishly selfish
that I am later embarrassed by them.
Thank you for listening
even when my thoughts must sound ridiculous to you
and my words fall over each other.
Thank for hearing my prayers
— not according to my short-sighted desires
(because these could easily bring shame and misery) —
but according to my actual needs
(that eventually brings deep joy).
Thank you‚ o thank you‚ Lord‚
that you gave yourself to me‚
and still stays in and with me through your Spirit.
Amen
(Bernard van Clairvaux)

June 7, 2007

LET YOUR LIGHT SHINES THROUGH US / LAAT U LIG DEUR ONS SKYN

Filed under: Afrikaans, God, Heilige Gees, Jesus, church, emerging church, gebede, prayer, religion — prayerweb @ 2:48 pm

Here‚ laat ons die geur van u lieflike teenwoordigheid
versprei oral waar ons gaan.
Versadig ons gees met u liefde en lig;
deurdring ons lewe so volkome met die glans van u lig
dat dié wat met ons in aanmerking kom‚
bewus mag word van u warmte en heil.
Laat hulle wat in die skadu’s lewe‚ na ons kyk
en net vir Jesus sien!
Bly so naby ons dat ons lewe soos U s’n sal begin skyn …
Ons vra nie dat die lig op óns val nie‚ liewe Here‚
maar dat dit déúr ons op ander sal skyn
Amen

———————————————————————-

Lord let the aroma of your lovely presence
spread wherever we go.
Saturate our spirits with your love and light;
Pervade our lives so fully with the glory of your light
that those who come into contact with us‚
will become aware of your warmth and salvation.
Let those who live in the shadows of life‚ look at us
and see only Jesus!
Stay so close to us that our lives start radiating
as yours did …
We don’t ask that your light will fall upon us‚ dear Lord
but that it will shine through us on others.
Amen
(John H. Newman)

June 1, 2007

Filed under: Afrikaans, God, Heilige Gees, Jesus, church, emerging church, gebede, prayer, religion — prayerweb @ 10:52 am

God‚ skenk my die kalmte van gees
om te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
die moed om dit te verander wat kán‚
en die wysheid om die verskil te weet.
Leer my om een dag op ’n slag te lewe.
Oortuig my dat swaarkry dikwels tot diepe vrede lei‚
en dat u genade ’n geskenk is en nie ’n loon nie.
Help my om die wêreld te aanvaar soos dit is‚
nie soos ek dit graag sou wou hê nie.
Versterk my met die hoop dat U eendag alles sal regmaak.
Maak my tevrede met hierdie lewe‚
en verskriklik opgewonde oor die een wat kom!
Amen
(Toegeskryf aan Reinhold Niebuhr)

———————————————————————–

God‚ grant me the serenity
to accept the things I can not change;
courage to change the things I can‚
and the wisdom to know the difference.
Teach me to live one day at a time.
Convince me that suffering often leads to a deep peace‚
and that your grace is a gift and not a reward.
Help me to accept the world as it is‚
and not as I would like it to be.
Strengthen me with the hope that one day you will make everything right.
Make me content with this life‚
and highly excited about the one that is still coming!
Amen

Blog at WordPress.com.